Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
‘Wild’ daag teatergangers uit; een stap uit
Tinarie Van Wyk Loots en Albert Pretorius in ‘Wild’, Philip Rademeyer se teaterstuk. Foto: Mlungisi Louw

Een teaterganger het Maandagmiddag uitgestap terwyl die res van die mense in die halfvol Wynand Mouton-teater op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein vasgenael toegekyk het hoe ’n man ’n hond-vrou in ’n hok probeer mens maak.

Die eerste vertoning van Wild op die Vrystaatse Kunstefees het uiteenlopende reaksie ontlok.

Philip Rademeyer se waagstuk met Tinarie Van Wyk Loots gaan oor ’n vrou sonder identiteit.

Van Wyk Loots het vroeër vanjaar die prys as beste aktrise vir haar rol in Wild by die kykNET-Fiëstas gewen. Albert Pretorius is benoem vir beste akteur vir sy rol as die polisieman.

Tinarie Van Wyk Loots in ‘Wild’, Philip Rademeyer se teaterstuk .Foto: Mlungisi Louw

Dié stuk, waarin ’n hond-vrou in ’n hok op die verhoog is, daag teatergangers uit met die vraag: Wat maak ’n mens méns?

“My vriendin langs my bly sê ‘dis ’n pot str*nt, dis ’n pot str*nt’, maar dit het my aandag vasgevang,” sê ’n omgekrapte Liesl Ebersohn, wat tien minute voor die einde van die stuk uitgestap het.

Sy was deurentyd “verskriklik op haar senuwees” en het besluit om uit te stap ná ’n slegte wending in die stuk.

Haar vriendin het bly sit tot die einde toe.

Tinarie Van Wyk Loots in ‘Wild’, Philip Rademeyer se teaterstuk. Foto: Mlungisi Louw

Wynand Kotze (25) van Stellenbosch meen dis ’n nuwe soort teater en bedoel om uit te daag en moeilike vrae te vra. “Tinarie word net beter. Dit is ’n nuwe soort storie en Bloemfontein se gehoor is baie meer konserwatief as die Kaap s’n. So kom ons kyk,” het hy gesê net voordat die ligte verdoof is.

Barenda te Brugge wil dit weer sien. “Ek is absoluut sprakeloos. Dit was eenvoudig ongelooflik. Ek dink ek wil dit weer gaan kyk, want ek is bang ek het iets gemis. Dit was net so treffend, dit het jou geboei van die begin tot die einde.

“Ek het nie gevoel dit raak vir my te veel nie, glad nie. Die verwagting het so opgebou: Wat gaan die einde wees! Dit was 150% amazing,” sê sy.

Dit was duidelik dat dié vertoning baie mense diep geraak het.

  • Wild is weer Dinsdag om 20:30, Woensdag om 13:30 en Donderdag om 17:00 in die Wynand Mouton-teater op die planke. Kaartjies kos R130 per persoon. Die vertoning het ’n ouderdomsbeperking van 18 vir taal, naaktheid en geweld. Dit is 85 min lank.
Meer oor:  Bloemfontein  |  Toneelspel  |  Wild  |  Vrystaatse Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.