Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Wyses praat wyd op kunstefees

’n Interessante gespreksreeks, een van die gratis aanbiedinge op vanjaar se Vrystaat Kunstefees, beloof om feesgangers heelwat insig in aktuele sake te gee.

By Netwerk24 se feeskafee langs die Callie Human-sentrum op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal denkers, meningsvormers, joernaliste en ander wysgere oor sake van die dag gesels.

Dinsdag om 10:30 sal Arthur Umbgrove en Dimitri Verhulst in gesprek wees oor die tema Asielsoekers na Europa.

Daniel Hugo (links) sal met onder andere die Nederlandse skrywer Frank Westerman gesels oor sy skryfwerk en die vertaalproses.

In die gesprek Fusion, symbiosis or disjunction – at the cross section between East and West Woensdag om 10:30 gesels Helene Strauss met die Indies-Kanadese skrywer Anita Rau Badami, outeur van Tamarind Woman en The Hero’s Walk, en die Japanees-Kanadese skrywer Lynne Kutsukake, outeur van The Translation of Love.

Om 14:00 gesels Theuns Eloff, Malixole Gwatyu, Denver Breda, Elias Maleti en Hemelbesem oor Die plek van Afrikaans in ’n veeltalige en multikulturele samelewing. Nuusgebeure soos die uitspraak deur die appèlhof oor die UV se taalbeleid waarin Afrikaans as onderrigtaal uitgefaseer word, kom onder die loep.

Donderdag om 10:30 gesels Daniel Hugo met die Nederlandse skrywers Frank Westerman, skrywer van El Negro en Ek, en Dimitri Verhulst, skrywer van Die Helaasheid de Dinge, oor hul romans, die vertaalproses ensomeer in hul gesprek Reis van Nederlands na Afrikaans.

Die politieke verslaggewer Jan-Jan Joubert se boek Wie gaan in 2019 regeer? word Vrydag om 10:30 in die feeskafee bekend gestel. Charles Smith van Volksblad gesels met hom en Theo Neethling, politieke ontleder, oor wat presies volgende jaar se verkiesing inhou.

Om 12:00 is Ruda Landman in gesprek met die joernaliste Pieter du Toit en Charles Smith en die spotprenttekenaar Rico Schacherl oor die onderwerp Staatskaping – die volk veg terug.

Saterdag om 10:30 gesels Jaap Scholten, skrywer van Spengler’s law en Comrade Baron, en die Roemeens-Nederlandse skrywer Mira Feticu oor die onderwerp Europa se twee gedaantes – Wes en Oos.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.