Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
ZA-huis vier geskiedenis met opstand as tema
Crystal Donna Roberts as Krotoa in die rolprent Krotoa.

Ná verlede maand se hoogs suksesvolle Festival voor het Afrikaans in Amsterdam, vier die Zuid-Afrikahuis vandeesmaand die Maand van de Geschiedenis met “Opstand” as tema.

Dit begin vanaand met ’n musiekdokumentêr waarin die musiek van Miriam Makeba (Mama Africa), Abdullah Ibrahim, Hugh Masekela en Vusi Mahlasela uitgelig word.

In die dokumentêr Amandla!, onder regie van Lee Hirsch, word die verhaal vertel van swart Suid-Afrikaners se vryheidsmusiek.

Dinsdag bespreek prof. Margriet van der Waal, hoogleraar in Suid-Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam, Houd-den-bek van André P. Brink.

Op 23 Oktober word ’n musiekdokumentêr oor die sanger-liedjieskrywer James Phillips, wat as Bernoldus Niemand met die Swart Gevaar opgetree het, vertoon. Sy liedjies is ook gesing deur Koos Kombuis en Johannes Kerkorrel, wat deel was van die Voëlvry-beweging. Hy het oor “wit bevoorregting” en die geweld van die apartheidstaat gesing.

In dié dokumentêr, The Fun’s Not Over, is daar bydraes van die skrywer-joernalis Max du Preez, spotprentkunstenaar Zapiro, satirikus Pieter-Dirk Uys, Kombuis en Mahlasela.

Op 30 Oktober kom die rolprent Krotoa aan die beurt, met ’n bespreking onder leiding van Van der Waal en Sylvia Vollenhoven, skrywer van The Keeper of the Kumm.

Krotoa is as jong meisie weggeskeur van haar Khoi-gemeenskap om ’n diensmeisie en tolk vir Jan van Riebeeck te word.

Op 31 Oktober word Dumisani Mandela, kleinseun van oudpres. Nelson Mandela, se boek Op de vlucht voor apartheid bespreek. Martijn de Liefde, vriend van die skrywer, en Bart Luirink, joernalis en uitgewer van die Nederlandse tydskrif ZAM Luirink, sal aan die woord wees.

Luirink was in die tagtigerjare ’n raadslid van die anti-apartheidsbeweging en help ook later vanjaar met die reëlings van die Mandela-eeufeesvieringe in Nederland.

Luirink sê die Nelson Mandela-lesing is aanvanklik jaarliks gehou. Dit is toe laat vaar, maar word nou weer vir Desember beplan. Hy sê “dit sal ’n groot ding wees” met die Nelson Mandela-stigting wat ’n internasionale program reël.

Meer oor:  Amsterdam  |  Geskiedenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.