Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
2 Suid-Afrikaanse prente op fliekspyskaart
Kagiso Modupe en sy dogter, Tshimollo, speel teenoor mekaar in die Suid-Afrikaanse rolprent Losing Lerato.

Iets vir elkeen se flieksmaak word die naweek uitgereik, wat twee Suid-Afrikaanse prente insluit.

*Die langverwagte Fiela se kind open Vrydag landwyd in rolprentteaters. Dit is die tweede rolprentverwerking van Dalene Matthee se roman oor die bruin vrou Fiela Komoetie wat haar ontferm oor ’n wit seuntjie wat op haar stoep gelaat word. Nege jaar later weens ’n sensusopname moet sy hom afstaan aan ’n wit gesin wat in die Knysnabos woon. Die regisseur is Brett Michael Innes en die rol van Fiela word deur Zenobia Kloppers en Benjamin deur Wayne Smith vertolk. Die prent is bekroon met die prys as gehoorgunsteling op die afgelope kykNET Silwerskerm-fees. Die ouderdomsbeperking is 13 vir taal, geweld en vooroordeel.

*Die avontuur-komedie Dora and the Lost City of Gold is ’n rolprentverwerking van die geliefde Dora the Explorer-animasiereeks wat van menige kind ’n avonturier gemaak het. Die hoofrol word deur Isabela Moner vertolk en dit speel diep in die Peruaanse woud af waar Dora en haar apie-maat, Boots, vele avonture beleef. Wanneer sy na die hoërskool in Los Angeles gestuur word, mis sy die woud en

Isabela Moner vertolk die hoofrol in Dora and the Lost City of Gold.

haar ouers. Haar ouers is op die vooraand van ’n reuse-ontdekking en Dora beland in die hande van ’n paar misdadigers wat dié ontdekking vir hulself wil eien.

*Jennifer Lopez se vertolking in die misdaaddrama Hustlers word wyd geloof – sommige mense praat al van ’n Oscar. Die prent handel oor ’n klompie vroulike ontkleedansers in New York City. ’n Enkelma (Constance Wu) is aan die voortou van dié klompie vroue wat superryk mans in die groot stad belieg en besteel. Dan slaan die finansiële krisis toe en die vroue moet ook ander planne beraam. Die prent het oorwegend gunstige resensies gekry.

*Kagiso Modupe se rolprent Losing Lerato handel oor ’n suksesvolle jong man wat verbete veg om sy dogter te sien, ná die ma van sy kind hom toegang weier en later ook ’n hofgeding begin. Hy gebruik eie reg . . . Modupe speel teenoor Tshimollo, sy eie dogter, in dié Suid-Afrikaanse prent. Modupe het vier jaar lank gespook om die prent ’n werklikheid te maak. Hy het dit self gefinansier. Met die prent poog hy om ouers daarop te wys dat hulle nie hul kinders moet gebruik om oor hul verbrokkelde liefdesverhouding te baklei nie en dat kinders albei ouers se liefde en ondersteuning nodig het. Die ouderdomsperk is 13 vir geweld en taal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.