Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
60 wêreldrolprente op Joburg-fliekfees
Die plakkaat van ‘Grace Jones: Bloodlight and Bami’.Foto:

60 wêreldrolprente is op die program vir die Joburg-rolprentfees wat van 19 tot 24 November in verskeie lokale in die Goudstad aangebied word.

Volgens Timothy Mangwedi, feesdirekteur, bied dit ’n multikulturele ervaring met gekose prente om debat aan te wakker. Ná van die vertonings sal daar ’n vraag-en-antwoord-sessie wees.

Die fees open met 8, ’n nuwe Suid-Afrikaanse gruwelprent wat op Nelson Mandela-plein in Sandton vertoon gaan word.

Die jongste rolprente van Suid-Afrika, Nigerië, Mosambiek, Brasilië, Amerika, Marokko en meer is op die program.

Die lokale is die Auto & General Theatre on the Square, Ster-Kinekor Sandton City, Cinema Nouveau Rosebank, The Bioscope in Maboneng en die Kings Cinema in Alexandra.

Die plakkaat van die satire ‘Jojo Rabbit’.

Hoogtepunte wat te sien sal wees:

* Grace Jones: Bloodlight and Bami: ’n Dokkie wat die lig werp op die lewe van die groter as lewensgroot kunstenaar Grace Jones – as dogter, ma, suster en nou ouma. Die regisseur is Sophie Fiennes. Jones word agter die skerms gevolg van die opname-ateljee en die kleedkamer na haar geboorteland Jamaika saam met haar groot familie. Verskeie optredes van die legende is ook vervat in die dokkie, wat al wyd groot byval gevind het.

* ’n Prent oor die ontslape koningin van soul, Aretha Franklin, getiteld Amazing Grace. Dit handel oor haar voorbereiding vir ’n uitvoering in 1972 in die New Temple Baptist Mission Church in Los Angeles.

Die plakkaat van ‘21 Bridges’.

* In die dokkie Where Are You, João Gilberto? soek die Duitse skrywer Marc Fisher na die stigter van die Bossa Nova, wat uit die openbare oog verdwyn het.

* Fanney Tsimong se dokkie My Culture, My Music dui die redes aan hoekom musiek so ’n kragtige voertuig in Suid-Afrikaanse kultuur is. Dit sluit onderhoude in met verskeie kunstenaars wie se kulturele erfenis deur hul musiek uitgedruk word, onder andere die boogmusiek-speler Madosini.

* Octavia Spencer en Tim Roth is te sien in Luce, wat handel oor ’n ouerpaar wat hul idee oor hulself as liberale moet prysgee ná hul aangenome seun ’n ontstellende werkstuk ingedien het en die skool hulle kontak.

* Toni Morrison: The Pieces I Am is ’n meditasie oor die lewe en werk van die legendariese storieverteller en Nobelpryswenner. Dit volg haar lewe van haar kinderjare in Ohio tot haar boektoere saam met die bokslegende Muhammad Ali. Sy lewer nie net kommentaar op ras, Amerika en geskiedenis nie, maar ook op die lewe en verhoudings. Besprekings oor haar romans The Bluest Eye, Sula en Song of Solomonis ingesluit. Daar is onderhoude met onder andere Oprah Winfrey en Angela Davis gevoer.

* Die Britse akteur Idris Elba (Pacific Rim en Luther) se debuutprent Yardie handel oor ’n Jamaikaanse man wat steeds as volwassene sukkel om die dood van sy broer te verwerk. Hy probeer sy lewe in Londen herbou, net om daar die man te ontmoet wat jare gelede sy broer vermoor het.

* Chadwick “Black Panther” Boseman is te sien in die aksieriller 21 Bridges van die regisseur Brian Kirk (Game of Thrones). ’n Onteerde speurder van die New Yorkse polisie (Boseman) onthul ’n netwerk van korrupte polisiebeamptes, en gou is sy lewe in gevaar.

* Jojo Rabbit, ’n satiriese swart komedie wat in die Tweede Wêreldoorlog afspeel en handel oor ’n Duitse seun, Jojo, wie se lewe handomkeer verander as hy uitvind sy ma versteek ’n jong Joodse meisie in hul solder. Die regisseur is Taika Waititi, wat ook die rol van Adolf Hitler vertolk.

Besoek die webblad www.joburgfilmfestival.co.za.

Meer oor:  Jozi Filmfees  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.