Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Bhm-skrywer se boek word prent
Die Pro se première dié naweek op Silwerskermfees
Arno Greeff en Reine Swart wat onderskeidelik Dustin en Yvette in die nuwe rolprent Die Pro vertolk, reis vandeesweek met ’n voertuig van Gauteng na Kaapstad om die rolprent te bemark. Foto: mlungisi louw
Arno Greeff en Reine Swart wat onderskeidelik Dustin en Yvette in die nuwe rolprent Die Pro vertolk, reis vandeesweek met ’n voertuig van Gauteng na Kaapstad om die rolprent te bemark. Foto: mlungisi louw
Arno Greeff en Reine Swart wat onderskeidelik Dustin en Yvette in die nuwe rolprent Die Pro vertolk, reis vandeesweek met ’n voertuig van Gauteng na Kaapstad om die rolprent te bemark. Foto: mlungisi louw

’n Vrystater se boek wat byna 20 jaar gelede in 1997 uitgereik is, is nou vir die silwerdoek bestem en kry as’t ware ’n derde lewe.

Die Pro, deur Leon de Villiers, is ’n voorgeskrewe Afrikaanse boek vir gr. 9- en gr. 10-leerlinge in staatskole.

Die vernaamste karakters in die boek, Tiaan, Dirkie, Dustin en Yvette, maak binnekort ’n visuele verskyning in die gelyknamige rolprent wat van 18 September af landwyd in teaters wys.

Die Pro, waarmee De Villiers in 1997 die Sanlam-boekeprys vir jeugliteratuur gewen het, is deur Tiaan van Niekerk, een van die prent se vervaardigers, in ’n rolprent omskep en sal die eerste Afrikaanse rolprent wees waarin branderplankry ’n groot deel van die prent beslaan.

’n Herdruk van die boek, met die plakkaat van die rolprent as omslag, word ook beplan.

De Villiers woon in Bethlehem. Hy is nou in die buiteland en is nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Een van die vervaardigers, Annelie Bouwer, het wel gesê hulle het saam met De Villiers aan die rolprent gewerk.

“Hy was selfs op die stel en is heel in sy skik met die eindproduk,” het sy gesê.

Baie van die tonele is in Jeffreysbaai verfilm en ’n paar van die akteurs het ’n maand lank spesiaal lesse ontvang om branderplank te ry.

Bouwer, die publisiteitsbestuurder, Janis Ellis, en twee van die akteurs, Reine Swart en Arno Greeff, reis vandeesweek met ’n voertuig van Gauteng na Kaapstad om die rolprent te bemark.

Die Pro is een van tien vollengteprente wat die naweek op die Silwerskermfees in Kaapstad hul première het.

Edwin van der Walt, een van die akteurs, is vir beste akteur en Eduan Kitching as beste kinematograaf benoem.

Ander akteurs in die prent is Viljé Maritz, Neels van Jaarsveld, Albert Maritz, Héléne Truter en Marcel van Heerden.

Die saadjie vir ’n rolprent is geplant toe Van Niekerk die boek as deel van sy skripsie vir sy doktorsgraad in teologie gebruik het.

“Dat die boek bekend is, het ons as vervaardigers gehelp om beleggers te vind om in die rolprent te belê.

“Dit is ’n drama met ’n lewensles – hoe om deur die proses van verlies te kom, het Bouwer gesê.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.