Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Seretse Khama en Ruth Williams se lewe verfilm
Die Britse akteur David Oyelowo. Foto: Earl Gibson III, Wire Image

Die verhaal van Seretse Khama, wat in 1965 president van Botswana geword het, se huwelik met Ruth Williams, ’n wit Britse vrou, gaan binnekort verfilm word, berig FilmContact.com.

A United Kingdom sal die bohaai uitbeeld wat dié huwelik in Suid-Afrika se apartheidjare veroorsaak het en Khama se oom se pogings om hom uit te werk.

Williams was egter tot die einde van sir Seretse se heerskappy in 1980 baie gewild in Botswana.

Die Britse akteurs David Oyelowo en Rosamund Pike sal die egpaar vertolk.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.