Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
The Dream of Shahrazad: Nog lof vir Francois Verster
The Dream of Shahrazad het einde verlede jaar op die Internasionale Dokumentêre Fliekfees in Amsterdam gedebuteer nadat dit vir die gesogte meesterafdeling gekies is.

Francois Verster, oud-Bloemfonteinse rolprentmaker se nuutste dokumentêr, The Dream of Shahrazad, versamel lof waar dit ook al vertoon word.

Die prent, wat aan die hand van die klassieke Duisend en een Nagte ’n beeldryke blik op politieke gebeure in Egipte en Turkye gee, het twee pryse op die onlangse Luxor-Afrikarolprentfees ontvang – die Goue Masker van Toetankamen en die  Artwatch Africa/Al-Husseini About Deif-prys vir die beste fliek in die vryheid­afdeling.

Die fliek word geloof vir sy artistieke en tegniese gehalte, asook die hoogs vernuwende en oorspronklike konsep en inhoud, asook impak wat dit op kykers se intellek en emosies het.

Shahrazad is hierna in Brittanke vertoon as een van 17 flieks wat vir die London Human Rights Watch-rolprentfees gekeur is. Al die vertonings was uitverkoop en kenners was weer vol lof vir die prent.

The Dream of Shahrazad het einde verlede jaar op die Internasionale Dokumentêre Fliekfees in Amsterdam gedebuteer nadat dit vir die gesogte meesterafdeling gekies is. Dit gaan nou ook in Pole, Frankryk, Duitsland, Australië en Suid-Afrika vertoon word.

Talle instansies het geldelik bygedra vir die fliek, onder meer die Suid-Afrikaanse Nasionale Rolprent- en Video-stigting.

’n Toneeltjie uit Francois Verster se bekroonde vollengte-dokumentêr The dream of Shahrazad.
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.