Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘A Quiet Place II’, ‘Cruella’ vir dié sonder vrees

Net twee rolprente haal Vrydag die nasionale kringloop in rolprentteaters.

• Die aktrise Emma Stone is te sien as waarskynlik een van die vroegste booswigte in enige fliekvlooi se lewe: Cruella de Vil van die geliefde animasieprent 101 Dalmations. Cruella, wat vir haar ’n jas maak wil uit die Dalmatiese hondjies se pelse, het reeds al wat ’n kind is behoorlik op loop gehad met haar wreedheid.

Die fliek Cruella volg die lewe van die ontwerper Estella (Emma Stone) in die jare 70 in Londen. Die punk-revolusie is in sy kinderskoene en die jong Estella wil die modewêreld omkeer met haar uitdagende ontwerpe.

Sy besef gou sy sal verskeie slinkse planne moet beraam om haar naam gevestig te kry en sy roep die hulp van ’n bende diewe in.

Op ’n dag sien die hoogs modieuse barones Von Hellman (Emma Thompson) Estella se ontwerpe. Die twee begin ’n “vennootskap” , en die duiwel is los in Londen. Die regisseur is Craig Gillespie, bekend om die prent I, Tonya, wat interessant genoeg ook handel oor ’n plofbare verhouding tussen twee vroue.

Die Oscar-bekroonde Jenny Beavan is verantwoordelik vir die verbeeldingryke en betowerende uitrustings. Die ouderdomsbeperking is van 7 tot 9. Ouerleiding word aanbeveel. Daar is tonele met dwelms en geweld.

A Quiet Place 2 is die vervolg van die paartjie Emily Blunt en John Krasinski se gruwelprent, wat ná meer as ’n jaar se rondskuiwery weens die pandemie uiteindelik in teaters is.

Die rolprent handel oor ’n gesin wat hul uiterste bes doen om in ’n postapokaliptiese wêreld te oorleef. In die wêreld woon blinde monsters met ’n eksieperfeksie gehoorsintuig.

Krasinski het ook die vervolg geskryf en geregisseer. Benewens Blunt is Millicent Simmonds en Noah Jupe weer te sien. Nuwe karakters word deur Cillian Murphy en Djimon Hounsou vertolk.

Die fliek word ook in Imax en 3-D uitgereik. Die ouderdomsperk is 16 vir geweld en grusame uitbeeldings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.