Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Afrika-vure brand hoog in animasie op Disney-kanaal
Voorbeelde van die diversiteit van die tien gekose animasie-regisseurs se werk wat deel is van ’n spesiale vertoonvenster van Afrika-animasiekuns wat op Disney+ Original te sien gaan wees.

Tien rolprentmakers van Zimbabwe, Uganda, Suid-Afrika, Nigerië, Kenia en Egipte se werk is gekies om as ’n spesiale vertoonvenster van Afrikatalent op die kanaal Disney+ Original uitgesaai te word.

Dit staan bekend as “Kizazi Moto: Generation Fire” en bestaan uit ’n reeks kort animasieprente van jong regisseurs wat stories vertel van die diverse kulture en geskiedenisse van Afrika. “Kizazi moto” is Swahili en beteken vuurgenerasie, terwyl “moto” ook vuur in ander Afrikatale beteken.

Fliekvlooie kan aksiebelaaide wetenskapsfiksie asook fantasieverhale verwag, waarin wêrelde met versnelde tegnologie – bevolk met vreemde wesens, geeste en monsters – geskets word.

Die Oscar-bekroonde regisseur Peter Ramsey van Spider-Man: Into the Spider-Verse-faam is die uitvoerende vervaardiger en die Kaapse animasie-ateljee Triggerfish hanteer die skakeling met ander ateljees in Afrika en internasionaal.

“Ons gaan die werk van ’n visioenêre nuwe geslag rolprentmakers van Afrika vertoon. Die prente sluit aan by die verskynsel Afrofuturisme wat begin het met Marvel se Black Panther en toon Disney se toegewydheid om met toonaangewende internasionale talent te werk om stories uit vars en outentieke invalshoeke te vertel,” het Michael Paull, president van Disney+ en ESPN+ van The Walt Disney Company, in ’n verklaring gesê.

Meer as 70 toonaangewende regisseurs en skeppers is genooi om hul idees voor te lê ná ’n navorsingstydperk, waarin insette deur bedryfslui soos onder andere die Ghanese strokiekuns-blogger Kadi Tay, die Kongolese animasiekunstenaar Sidney Kombo-Kintombo (Avengers: Endgame) en die Suid-Afrikaanse vervaardiger Bridget Pickering (Hotel Rwanda) ingewin is.

15 projekte is op die kortlys geplaas en verder onder mentorskap van Ramsey, en die kreatiewe spanne van Triggerfish en Disney, ontwikkel. Die finale tien word nou voltooi om volgende jaar op Disney+ Original wêreldwyd vertoon te word.

Van die regisseurs werk in pare. Die regisseurs is: Ahmed Teilab (Egipte), Simangaliso Sibaya en Malcolm Wope (Suid-Afrika), Terence Maluleke en Isaac Mogajane (Suid-Afrika), Ng’endo Mukii (Kenia), Shofela Coker (Nigerië), Nthato Mokgata en Terence Neale (Suid-Afrika), Pious Nyenyewa en Tafadzwa Hove (Zimbabwe), Tshepo Moche (Suid-Afrika), Raymond Malinga (Uganda) en Lesego Vorster (Suid-Afrika).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.