Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Akademie vereer skeppers van ‘Kanarie’

“Die resonansie van Kanarie nadat dit lankal uitgereik is, bly verstommend.”

So sê Charl-Johan Lingenfelder nadat hy en Christiaan Olwagen Vrydag die Deleen Bekkerprys vir beste Afrikaanse rolprentdraaiboek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns gekry het.

“En mense vereenselwig hulle met die hoofkarakter, ongeag hul agtergrond. En mense hou uit verskillende hoeke van die fliek – of dit nou met homoseksualiteit, die kerk of weermag te doen het.”

Die fliek is in 2016 verfilm en het in 2018 op die Silwerskermfees in Kampsbaai, Kaapstad, gedebuteer.

“Ek doen die administrasie van die fliek se Facebook-blad. En ek sien op ’n daaglikse basies hoeveel nuwe likes die fliek kry. Ook uit ander lande. So die movie gaan aan op sy eie.”

Charl-Johan Lingenfelder Foto: M-Net
Christiaan Olwagen Foto: Adrian de Kock
Schalk Bezuidenhout en Charl-Johan Lingenfelder Foto: Brendan Croft

Kanarie handel oor Johan Niemand (vertolk deur Schalk Bezuidenhout), wat by die Kanaries, die weermag se kerkkoor en konsertgroep, aansluit. Op ’n toer ontwikkel hy gevoelens vir ’n medekoorlid en dit veroorsaak dat hy alles oor homself en sy wêreld bevraagteken. Die rolprent is op Lingenfelder se ervaring gegrond.

“Dit was vir my ’n katarsis en so bevrydend om my storie te vertel.”

Lingenfelder was in 2019 op die Costa Rica- internasionale rolprentfees waar die fliek vertoon is.

“Dit is vertoon met sowel Spaanse as Engelse onderskrifte en agterna wou soveel Spaanse mense met my praat, maar hulle kan nie Engels praat nie. Hulle het my e-posadres geneem en hulle het met Google Translate aan my geskryf. En ek het briewe met geradbraakte Engels gekry, maar dit het weer op die menslikheid van hierdie verhaal gedui.”

Olwagen het voorheen ook die Deleen Bekkerprys vir die draaiboek van die fliek Johnny is nie dood nie gekry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.