Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Alison se traumatiese verhaal op silwerdoek
Alison Botha

Die verhaal van Alison, wat 20 jaar gelede ontvoer, verkrag en vir dood agtergelaat is, is uiteindelik verfilm en beeld nie net haar persoonlike verhaal uit nie, maar het ook sprokiesondertone. Presies soos sy dit wou hê.

Monsters, wonderwerke en hoop ontvou hulle deur die trauma wat sy beleef het en immer in die skadu’s skuil om haar te vernietig, maar ook hoe sy dit afweer en haar eie heldin geword het.

Bekende akteurs is in dié kruising tussen ’n dokumentêr en sprokie te sien: Christia Visser (Die Boekklub, Hollywood in my Huis) en De Klerk Oelofse (Liewe Heksie: Flower Power, Tjop en Dop), asook Zak Hendrikz en Francois Maree.

Alison is in Desember 1994 deur twee mans voor haar ouerhuis in Port Elizabeth ontvoer, verkrag en so met messe vermink dat haar binnegoed uitgehang het.

Teen alle verwagting in het sy oorleef en daarna geweier dat die aanvallers haar lewe ruïneer.

Die helde van daardie nag, soos die verbygangers wat stilgehou het om haar by te staan, asook die dokters, kry ’n regmatige plek in die fliek.

Uga Carlini van Towerkop Creations is die regisseur en die fliek is vervaardig deur onder meer kykNET Films, DTI en die Waterfront Film Studios. Black Sheep Films behartig die verspreiding.

Alison was ná die gebeurtenis die eerste Suid-Afrikaner wat in die openbaar oor verkragting gepraat het en is deesdae ’n gesogte motiveringspreker.

Haar boek, I have life, is sedert sy publikasie deur Penguin SA in 1998 ’n topverkoper en in sewe tale vertaal.

  • ’n Uitreikprojek, The Safe Room, word na aanleiding van die fliek beplan.Alison word op 12 Augustus uitgereik om saam met Vrouemaand te val.

Meer oor:  Aanranding  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.