Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Almodóvar-prent ryg Spaanse Goya-pryse in

Die Spaanse regisseur Pedro Almodóvar se semi-biografiese prent, Pain and Glory, het die naweek Goyas soos soetkoekies versamel. Dit het die top-kategorieë gewen, naamlik beste prent, regisseur, akteur en oorspronklike draaiboek.

Die 34ste Goya-pryse, wat prestasie in die Spaanse rolprentkuns vereer, is Saterdagaand in Madrid uitgedeel.

Die prent is ook vereer vir redigering, oorspronklike musiek en beste vroulike byspeler (Julieta Serrano). Dit het dus altesaam sewe Goyas gewen.

Alejandro Amenábar se oorlogsprent, While at War, het drie pryse versamel.

Pain and Glory is vir ’n Oscar as beste internasionale rolprent benoem en Banderas is ook as beste akteur benoem. Die Oscars word op 9 Februarie in Los Angeles bekend gemaak.

’n Toneel uit Pedro Almodóvar se Pain and Glory met Antonio Banderas regs.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.