Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Arnold Vosloo in rolprent oor Griekwastad-moorde
Kol. Dick de Waal in 2014 in die hof nadat Don Steenkamp, aan die regterkant, vir die moorde op sy ouers, Deon en Christel Steenkamp, en suster, Marthella, asook vir Marthella se verkragting en aan regsverydeling skuldig bevind is. Foto: Emile Hendricks
Arnold Vosloo Foto: Argief

Twee rolprentmakers gaan volgende week die plaas Naauwhoek en die dorp Griekwastad besoek waar Don Steenkamp as 15-jarige seun eerskomende Saterdag presies sewe jaar gelede sy ouers, Deon (44) en Christel Steenkamp (43), en sy suster, Marthella (14), doodgeskiet het.

Intussen het Arnold Vosloo, bekende Hollywood-akteur, wat die hoofrol in die nuwe rolprent oor dié opspraakwekkende moordsaak vertolk, reeds in Suid-Afrika aangekom om sy vlugvoosheid ná die lang vlug af te skud.

Hy vertolk die rol van brigadier (toe kolonel) Dick de Waal wat die moordsaak ondersoek het.

Die rolprent begin op ’n volmaan-aand waar ’n bebloede Don Steenkamp op daardie Goeie Vrydagaand in 2012 die voorval as ’n plaasmoord by die polisiekantoor aangemeld het.

Steenkamp, wat in die gevangenis in Upington is, is in 2014 tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis op die drie aanklagte van moord, regsverydeling en die verkragting van sy suster.

Kol. (nou brig.) Dick de Waal tydens die moordsaak waar Don Steenkamp in die beskuldigdebank gestaan het. Foto: Emile Hendricks

Jozua Malherbe, regisseur, en Tim Theron, mede-vervaardiger en akteur, gaan volgende week op hul besoek aan Griekwastad ook met bure en inwoners gesels om hulle van die destydse omstandighede te vergewis. Hulle hoop ook om De Waal vir koffie in Kimberley te ontmoet.

Vosloo (56) gaan egter nie met De Waal praat voordat die rolprent klaar geskiet is nie.

“Die rolprent fokus op die polisieondersoek en die uitkringeffek van die moorde, eerder as net op die moorde of die moordenaar,” sê Vosloo.

Die rolprent eindig waar die hofsaak begin.

Vosloo gaan binnekort vir twee weke saam met die res van die rolprentspan en die akteurs repeteer.

“Dit maak dit makliker om tonele te skiet as ons alles vooraf goed ingeoefen het. Ek lees die teks daagliks een keer deur en leer die finale woorde die dag voordat ons skiet.”

V

Don Steenkamp sit agter kol. Dick de Waal in die hofsaal. Foto: André Damon

olgens Vosloo, wêreldwyd bekend vir sy rol in onder meer die Mummy-rolprente en Bosch, ’n TV-reeks waarin hy ’n “nare polisieman” vertolk, was dit nog altyd sy droom om weer in ’n Afrikaanse rolprent te speel, iets wat hy laas in sy 20’s in die Boetie gaan bordertoe-rolprente gedoen het.

“Ek was baie opgewonde oor die rol, juis omdat dit in Afrikaans is. Ek wil darem in twee of drie Afrikaanse rolprente speel voordat ek aftree.”

Dié vollengte rolprent word in Mei in Hopefield aan die Weskus geskiet.

Theron sê hulle skiet net veraf- en buitetonele in Griekwastad.

“Dit is weens logistieke redes omdat ’n hele rolprentspan nooit in die dorp gehuisves kan word nie.

“Ons wil ook nie te veel wonde oopkrap deur in Griekwastad te verfilm nie.”

Dit sal vanjaar op die Silwerskermfees bekend gestel en volgende jaar uitgereik word.

Meer oor:  Arnold Vosloo  |  Akteur  |  Rolprent  |  Moorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.