Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Avengers: Endgame’ laat die geld inrol

In minder as twee weke het die nuwe fliek Avengers: Endgame reeds meer geld by kaartjiekantore verdien as enige ander fliek in die geskiedenis – behalwe Avatar.

Avengers het in 11 dae $2,188 miljard wêreldwyd gemaak wat dit die fliek maak wat die $2 miljard-kerf die vinnigste tot nog toe verbygesteek het. Dit het Avatar, die vorige houer van dié rekord, 49 dae gevat. Dit was in 2009 toe fliekkaartjies baie goedkoper was as deesdae, berig Variety.

Avatar, die futuristiese fliek wat hom afspeel op die planeet Pandora, is in 2009 uitgereik en het agt maande in groot teaters gespeel, langer as enige ander fliek.

“Avengers is nie ’n een-naweek-wonderwerk nie,” het Paul Dergarabedian, ’n senior analis van Comscore, aan CNN Business gesê.

Volgens hom is gehore “gevange geneem deur die storie, die karakters en die belangrikheid” van die Avengers se epiese einde.

Dergarabedian dink Avengers: Endgame het ’n kans om Avatar heeltemal van sy kroon te ontneem deur die grootste inkomste te verdien van enige fliek ooit.

Duurder 3D- en Imax-weergawes kan die geld ook vinniger laat inrol.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.