Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Bekroonde SA prente in Desember op Showmax

Dit is nie net die Springbokke of Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, waarop Suid-Afrikaners trots kan wees nie. Die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf het ook ’n paar deurbrake oor die afgelope dekade gehad.

Die stromingsdiens Showmax het ter viering hiervan ’n keur van Suid-Afrikaanse rolprente van die afgelope dekade saamgestel waarna intekenare oor die vakansie kan kyk.

Animasie: Revolting Rhymes (2016)

Die fliek Revolting Rhymes, wat die Kaapstadse animasie-ateljee Triggerfish saam met Magic Light Pictures geanimeer het, is benoem vir ’n Oscar en het ook ander gesogte animasiepryse gekry, insluitend ’n Emmy-, Bafta- en Annie-prys.

Dit is geskoei op Roald Dahl se gelyknamige boek, waarin hy bekende sprokies herverbeel, en dit handel oor die vriendskap tussen ’n veglustige Rooikappie (Rose Leslie) en haar vindingryke beste vriendin, Sneeuwitjie (Gemma Chan). Verder maak die nare wolf, drie eiendomsontwikkelaar-varke, Jan en ’n boontjierank almal hul verskyning in die fliek.

Dokumentêr: Whispering Truth to Power (2018)

Whispering Truth to Power gee ’n eksklusiewe blik agter die skerms op Thuli Madonsela se laaste jaar in haar amp as Suid-Afrika se openbare beskermer, terwyl sy geregtigheid vir gewone mense probeer kry.

Nadat sy die destydse president, Jacob Zuma, suksesvol uitgedaag het vir die onwettige gebruik van staatsgeld, het Madonsela voor die grootste uitdaging van haar loopbaan te staan gekom, naamlik die ondersoek na staatskaping. Hiervoor het sy die wind van voor gekry wat doodsdreigemente ingesluit het.

Whispering Truth to Power is die regisseur Shameela Seedat se debuut en het die spesiale jurieprys gewen by Hot Docs, Noord-Amerika se belangrikste dokumentêre fees.

Drama: Inxeba (The Wound) (2017)

Die regisseur John Trengove vertel in Inxeba die verhaal van Xolani (Nakhane Touré), ’n eensame fabriekwerker, wat hom by die mans in sy gemeenskap in die Oos-Kaap aansluit om ’n groep tienerseuns met inisiasie te lei. Wanneer ’n jong man wat geïnisieer word sy geheim ontdek, begin Xolani se lewe uitrafel.

Inxeba is een van die opspraakwekkendste Suid-Afrikaanse prente van die afgelope dekade. Plaaslike fliekteaters was verplig om vertonings van Inxeba te kanselleer ná doodsdreigemente en betogings oor die uitbeelding van geheime Xhosa-inisiasierituele. Die Rolprent-en-Publikasieraad het dit ook as pornografie laat klassifiseer, maar dié omstrede klassifikasie is omgekeer in die hooggeregshof in Pretoria.

Inxeba het 25 internasionale pryse verower en het boonop ook die Oscar-kortlys vir beste buitelandse prent gehaal.

Televisie: Is’thunzi (2016)

Mzansi Magic se eerste tienerdrama volg Winnie, Londi, Noxolo en Thishiwe terwyl hulle hul drome najaag en ’n hegte band vorm. Hoewel hul lewe in gevaar gestel geword, groei hulle ook op maniere wat hulle nooit kon dink nie. Thuso Mbedu, wat Winnie vertolk, het Emmy-benoemings in 2017 en 2018 vir beste aktrise ontvang. Dié benoemings het daartoe bygedra dat sy ’n hoofrol in The Underground Railroad, wat deur die Oscar-wenner Barry Jenkins (Moonlight, If Beale Street Could Talk) geregisseer is, gekry het.

Meer oor:  Tv  |  Flieks  |  Showmax  |  Inxeba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.