Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Bennie kry ’n boep vir sy nuwe rol

Ná die sukses van Bennie Fourie (30) se kortfliek Vuil wasgoed, wat verlede jaar in ’n vollengterolprent ontwikkel en uitgereik is, is hy terug in Ander mens, wat vandeesweek by die kykNET Silwerskermfees debuteer.

“Dis weer ’n aksie-komedie, maar met ’n interessante aanslag,” sê Fourie.

Bennie Fourie in die rolprent Ander mens.

Dit handel oor Daniel Niemand (Fourie) wat in een week sy vrou verloor aan hul huweliksberader, sy eks-huweliksberader se lewe per ongeluk neem en ontdek dat sy baas, Frank (Frank Opperman), en dié se broer, Hansie (André Weideman), betrokke is by ’n plaaslike misdaadsindikaat. Dit ontaard in die aakligste week in Daniel se lewe.

Volgens Fourie is daar drama en komedie, en dit sluit ook ’n ernstige skok-element in.

As getuigskrif van sy erns met die rol het hy 16 kg aangesit. “Dit was ’n kombinasie van redes wat ons dié besluit laat neem het. Die outjie sukkel maar geweldig en is ietwat pateties. Ek en die regisseur, Quentin Krog, het gesoek vir ’n sekere fisikaliteit.

“Elke keer as Quentin my gesien het, het hy gesê ‘nog ’n bietjie’ en so het ek net geëet en vergeet van gim toe gaan,” vertel Fourie.

Krog was ook deel van die span draaiboekskrywers. Fourie wou nog altyd saam met hom gewerk het. “Ek kyk so baie op na hom en dit was ’n voorreg om saam te kan werk.”

Ná die verfilming van die rolprent is Fourie na Chicago in die VSA om vir drie maande by die komediegroep Second City meer te gaan leer oor improvisasie en sketskomedie.

“Dit was nog altyd iets wat ek wou doen en dit was ’n belewenis. Ek bied nou my eie sketskomedieklasse in Johannesburg aan.”

So tussen die afskud van die gewig is hy reeds besig om te skiet aan die derde reeks van kykNET se mokumentêr Hotel.

“Daar is ook ander projekte aan die kom, waarvoor ek meer skryf en daarin sal speel.”

Fourie het in 2010 begin as rolprentmaker by die einste kykNET Silwerskermfees en is opgewonde om weer vanjaar met ’n rolprent deel van die fees te wees.

“Ek is regtig bevoorreg en dankbaar dat ek sedertdien elke jaar terug kan kom.”

*Ander mens debuteer Saterdag by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai.

Meer oor:  Kampsbaai  |  Bennie Fourie  |  Silwerskermfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.