Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Beste kortflieks op Silwerskerm-fees benoem

Die benoemings vir die beste kortflieks op die negende kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai is bekend gemaak.

Die komedie Die begrafnis loop voor met sewe benoemings gevolg deur Gebles met ses, Oedipus: Die musical – ’n Dokumentêr met vyf en die dramas Rooilug en Hoe om ’n perd te teken met vier elk.

Die benoemings is soos volg:

Beste kortprent:Die begrafnis, Gebles, Oedipus: Die musical – ’n Dokumentêr en Rooilug.

Beste draaiboek: Bard Cloete (Gebles), Leatitia Solomons (Die begrafnis), Luan Jacobs (Hoe om ’n perd te teken) en Stefan Benade (Oedipus: Die musical – ’n Dokumentêr).

Beste regisseur: Burger Meyer (Binnelandse sake), Dominique Jossie (Rooilug), Kaz McFadden (Hoe om ’n perd te teken) en Stefan Benade (Oedipus: Die musical – ’n Dokumentêr).

Beste akteur: Leighman Marshall (Rooilug), Luan Jacobs (Hoe om ’n perd te teken) en Stiaan Smith (Gebles).

Beste aktrise: Ansu Visser (Binnelandse sake), Greta Pietersen (Gebles) en Leatitia Solomons (Die begrafnis).

Beste produksieontwerp: Idelette Jordaan en Nadine Minnaar (My gelykenis), Juanita Ferreira (Die begrafnis) en Sumaya Wicom (Rooilug).

Beste redigering: Canya Cruywagen (Oedipus: Die musical – ’n Dokumentêr), Courteney Leigh Alberts (Rooilug) en Gideon Breytenbach (Binnelandse sake).

Beste kinematografie: Janhendrik Burger (My gelykenis), Johannes Pieter Nel (Die begrafnis) en Kobus Louw (Rooilug).

Beste grimering en haarstilering: Charne Burger (Die begrafnis en Oedipus: Die musical – ’n Dokumentêr), Natasha du Toit (prostetika-ontwerp in Gebles).

Beste kostuumontwerp: Alto de Kock (Janneman), Juanita Ferreira (Die begrafnis) en Romy Alfino (Rooilug).

Beste klankontwerp: Jozua Loots (My gelykenis), Ruan van Tonder (Hoe om ’n perd te teken) en Wesley Ayliffe (Binnelandse sake).

Beste webreekse: Afrikaans 101, Deur die blare, Groener en Sans masker.

Benoemings vir die speelflieks word môre bekend gemaak. Die wenners van die kortflieks asook die speelflieks word môreaand by ’n glansgeleentheid in die Bay Hotel in Kampsbaai bekend gemaak.

Tobie Cronjé word by die geleentheid vir sy lewenswerk vereer.

Meer oor:  Silwerskerm19  |  Silwerskermfees  |  Fliek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.