Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Billie Holiday maak Andra Day dapper

“Amerika is ’n rassistiese nasie en ons moet seker maak dat gemarginaliseerde mense behoorlik verteenwoordig word.”

So sê die Amerikaanse sangeres Andra Day, wat vir ’n Oscar as beste aktrise vir haar vertolking van die legendariese Blues-sangeres Billie Holiday in die fliek The United States vs. Billie Holiday benoem is.

Die 93ste Oscars word Sondag in Los Angeles in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië toegeken.

Dit fokus op Holiday se aandeel in die beweging om swartburgerregte en die herrie wat dit veroorsaak het toe sy haar ballade “Strange Fruit” gesing het.

Holiday het dié liedjie, wat handel oor swart mense wat die gereg in eie hande neem, oorspronklik in 1939 in New York se eerste geïntegreerde nagklub, Café Society, gesing.

“Ek glo God het hierdie rol en Billie Holiday en haar gees gebruik om my net ’n bietjie dapperder te maak,” sê Day aan Reuters.

Andra Day Foto: Gary Hershorn, Reuters

“Ek voel soms nog steeds ’n bietjie ontoereikend en in ’n mate bang om net op enige manier op te daag. Ek het dit probeer beoefen voor die fliek, maar dié rol het my gedruk om dit selfs meer te doen.”

Day, wat voorheen vir ’n Grammy benoem is, wat baie gewig vir die rol moes verloor, het nog net een keer die fliek gesien.

“Dit was baie emosioneel vir my. Dit was moeilik. Ek het hartseer en seer ervaar, asook verafskuwing, maar ook vreugde.”

Day het vroeër vanjaar ’n Golden Globe vir haar vertolking gekry.

Sy kom Sondag teen Frances McDormand, Viola Davis, Vanessa Kirby en Carey Mulligan te staan.

“Ek is baie dankbaar, want ons het baie harde werk in hierdie fliek gesit,” sê Day.

“Terwyl ek dankbaar is, besef ek daar is steeds baie om ten opsigte van verteenwoordiging te doen.”

Meer oor:  Andra Day  |  Flieks  |  Musiek  |  Oscars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.