Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Biografiese prent oor Percy Fawcett soos ‘Jones’
Charlie Hunnam vertolk die rol van die Britse ontdekkingsreisiger Percy Fawcett.

Die geskiedkundige aksieavontuur The Lost City of Z fokus op die lewe van die Britse ontdekkingsreisiger Percy Fawcett, wat aan die vooraand van die 20ste eeu oorblyfsels van ’n beskawing in die Amasonewoud in Suid-Amerika ontdek het.

Waar sy tydgenote maklik die woord “barbare” gebruik het, het hy die Britse wetenskaplike establishment anders probeer oortuig deur die hoë ontwikkelingsvlak van die afgeslote stam te benadruk. In 1925, op een van sy togte na die oerwoude van Bolivië, het hy op raaiselagtige wyse verdwyn.

Die biografiese rolprent is op die niefiksieboek, The Lost City of Z: A Tale of Deadly Obsession in the Amazon, deur die The New Yorker-joernalis David Grann gegrond, wat die lewe van Fawcett en sy raaiselagtige verdwyning ondersoek het. The Lost City of Z fokus op Fawcett se bevindinge en sy stryd om ander wetenskaplikes te oortuig van sy besonderse vonds in die digte woud, asook die implikasies daarvan.

Sienna Miller is as sy vrou te sien en sy seun word deur Tom Holland(Spider-Man: Homecoming) gespeel. Sy vennoot, Henry Costin (Robert Pattison van Twilight-faam), is skynbaar die enigste een wat nie dink hy is van lotjie getik nie. Die hoofrol word deur Charlie Hunnam (Jackson Teller van Sons of Anarchy ) vertolk. Die regisseur is James Gray, wat ook die rolprent The Immigrant gemaak het.

Die oorsese resensent Sandy Schaefer van Screenrant het dit as ’n Indiana Jones-avontuur vir intellektuele kykers bestempel. Wendy Ide van The Guardian loof die musiek deur die komponis Christopher Spelman en die kinematografie van Darius Khondji en beskryf dit as ’n heerlike oerwoudavontuur, hoewel sy nie met Hunnam se vertolking as Fawcet beïndruk is nie.

Die ouderdomsperk is 13 vir geweld. Die epiese prent draai 141 minute. Laetitia Pople

Meer oor:  Rolprent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.