Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Bohemian Rhapsody’ wen groot by Globes

Bohemian Rhapsody, die fliek oor die ontslape musikant en Queen-voorsanger, Freddie Mercury, is as die beste fliek tydens die 76ste Golden Globe-toekenningsgeleentheid in die Beverly Hilton-hotel in Los Angeles, Amerika, bekroon.

Brian May, left, and Roger Taylor, right, of Queen
Rami Malek (middel) saam met twee van die Queen-lede, Brian May en Rogter Taylor by die 76ste Golden Globe-toekenningsgeleentheid. Foto: Jordan Strauss/Invision/AP

Rami Malek het ook die prys as beste akteur in ’n fliekdrama opgeraap vir sy rol as Mercury in die fliek Bohemian Rhapsody. Dit is sy eerste Golden Globe-prys en sy derde benoeming.

Hy het die lede van Queen bedank. Brian May en Roger Taylor was in die gehoor. Hy het ook vir Mercury bedank wat in 1991 dood is.

Bryan Singer is die regisseur van die fliek.

Green Book is as beste komiese fliek aangewys, en Mahershala Ali is as beste manlike byspeler in 'n komedie vir sy rol hierin bekroon. 

Die fliek is ook as beste draaiboek aangewys. Peter Farrelly, Nick Vallelonga en Brian Currie is die skrywers.

Green Book is aangewys as beste fliek – komedie of musiekspel.

Hoewel A Star is Born ’n groot gunsteling was om talle pryse te ontvang, het dit weinig ontvang.

Dit is wel bekroon met beste oorspronklike lied, “Shallow”.

Bradley Cooper is as beste akteur en regisseur vir A Star is Born benoem en Lady Gaga is as beste aktrise benoem, maar die fliek het nie een van hierdie kategorieë gewen nie.

Christian Bale is bekroon as beste akteur in ’n komedie-fliek vir sy rol in Vice.

Dié komedie-drama deur Adam McKay se benoemings sluit in beste akteur vir Christian Bale wat die rol van die voormalige visepresident Dick Cheney vertolk.

Glenn Close is as beste aktrise in ’n fliekdrama aangewys. Sy het dit vir haar rol in The Wife gewen.

Die befaamde skrywer Joe Castleman (Jonathan Pryce) word na Swede genooi om met ’n Nobelprys vir letterkunde vereer te word. Sy vrou, Joan (Close), is op die oog af net so verheug oor haar man se prestasie en besef skynbaar dit sal vir hulle albei die kroon span op ’n leeftyd se harde werk.

Glenn Close poses in the press room with the award
Glenn Close tydens die Golden Globe-pryse. Foto: Jordan Strauss/Invision/AP

Tydens die ontvangs van haar prys het “ ’n bewoë Close na haar ma verwys wat haar lewe lank aan haar pa se sy was en in haar 80’s gevoel het dat sy self niks vermag het nie.

“Ons moet persoonlike vervulling vind, ons mag dit doen.”

Alfonso Cuarón is as beste regisseur vir sy fliek Roma aangewys. Roma het ook die prys vir beste fliek in ’n buitelandse taal opgeraap.

The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story het die prys as beste beperkte reeks ontvang.

Die volledige lys wenners is:

Beste fliek – drama

Bohemian Rhapsody

Beste fliek – komedie of musiekspel

Green Book

Beste vertoning deur ’n akteur in ’n drama

Rami Malek, Bohemian Rhapsody

Beste vertoning deur ’n aktrise in ’n drama

Glenn Close, The Wife

Christian Bale in Vice.

Beste vertoning deur ’n akteur in ’n musiekspel of komedie

Christian Bale, Vice

Beste vertoning deur ’n aktrise in ’n musiekspel of komedie

Olivia Colman, The Favourite

Beste manlike byspeler in ’n fliek

Mahershala Ali, Green Book

Beste vroulike byspeler in ’n fliek

Regina King, If Beale Street Could Talk

Beste regisseur van ’n drama

Alfonso Cuarón, Roma

Beste fliekdraaiboek

Peter Farrelly, Nick Vallelonga en Brian Currie, Green Book

Beste animasiefliek

Spider-man: Into the Spider-Verse

Roma is as beste fliek in ’n buitelandse taal aangewys.

Beste fliek in ’n uitheemse taal

Roma

Beste oorspronklike klankbaan in fliek

Justin Hurwitz, First Man

Beste oorspronklike lied

“Shallow”, A Star is Born

Televisie

Beste televisiereeks – drama

The Americans

Beste televisiereeks – musiekspel of komedie

The Kominsky Method

A Star is Born

Beste vertoning deur ’n akteur in ’n reeks – drama

Richard Madden, Bodyguard

Beste vertoning deur ’n aktrise in ’n reeks – drama

Sandra Oh, Killing Eve

Beste vertolking deur ’n akteur in ’n reeks – musiekspel of komedie

Michael Douglas, The Kominsky Method

Beste vertolking deur ’n aktrise in ’n reeks – musiekspel of komedie

Rachel Brosnahan, The Marvelous Mrs. Maisel

Beste beperkte televisiereeks of fliek

The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story

Darren Criss poses in the press room with the awar
Darren Criss Foto: Jordan Strauss/Invision/AP

Beste akteur in ’n beperkte reeks of televisiereeks:

Darren Criss, The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story

Beste aktrise in ’n beperkte reeks of televisiefliek:

Patricia Arquette, Escape at Dannemora

Beste manlike byspeler in ’n reeks, beperkte reeks of televisiefliek:

Ben Whishaw, A Very English Scandal

Beste vroulike byspeler in ’n reeks, beperkte reeks of televisiefliek:

Patricia Clarkson, Sharp Objects

Meer oor:  Golden Globe-Pryse  |  Flieks  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.