Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Bokser Gerrie Coetzee se lewe word ’n moewie
Gerrie Coetzee in aksie. Die foto kom uit die boek The Fighters.

Suid-Afrika het Afrika se eerste swaargewigbokskampioen opgelewer – en nou gaan die lewe van Gerrie Coetzee ’n moewie word.

Coetzee het Michael Dokes, toenmalige swaargewigbokskampioen, in 1983 in die tiende ronde van hul boksgeveg van 15 rondes om dié titel in Ohio, Amerika, uitgeknikker.

Koos Roets, bekend om sy flieks soos Faan se trein en ’n Pawpaw vir my darling, is die regisseur van die fliek Gerrie. Die uitvoerende vervaardiger is Kenddrie Utuk van die Amerikaanse rolprentmaatskappy Fontabila Productions. Die fliek word later vanjaar in onder meer Kaapstad verfilm en gaan ’n intieme blik op die lewe van Coetzee bied en sy toewyding om die topplek in die bokswêreld te beklee.

Hy was drie jaar gelede die fokus van die BBC-dokumentêr Boksburg Bomber. Dié dokkie het die aandag van die Hollywood and African Prestigious-pryse getrek wat mense van Amerika en Afrika vereer

Die stryd om die titel van Wêreldbekerkampioen in 1983 - die kragmeting tussen Gerrie Coetzee en Michael Dokes in Ohio. Foto: Getty images

wat uitsonderlike persoonlike en beroepsmylpale bereik het. Die organisasie het Coetzee in November 2017 vereer.

Meer oor:  Rolprent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.