Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Bram Fischer op Werkersdag onthou

In die onrustige jaar 1963 was apartheid in volle gang. Tien mans is op ’n plaas in Rivonia in hegtenis geneem vir sameswering om sabotasie teen die Suid-Afrikaanse regering te pleeg. Twee name van die mans wat in die beskuldigde bank gestaan het, word steeds uit hierdie tyd onthou. Dit is Nelson Mandela, een van die beskuldiges, en die regsgeleerde Bram Fischer, wat die verdediging gelei het.

Antoinette Louw (regs) as Molly Fischer

Fischer moes in die proses sy Afrikanerskap met ’n soeke na geregtigheid versoen. Hy het Mandela en die ander ANC-leiers verdedig in die Rivonia-verhoor en het ’n belangrike rol gespeel om te keer dat hulle nie ter dood veroordeel word nie. Terselfdertyd was hy ook in die geheim deel van die struggle.

In die rolprent An Act of Defiance (’n Nederlands-Suid-Afrikaanse koproduksie) kan Fischer se stryd om Mandela van die galg te red gevolg word. Die rolprent is reeds in 2017 gemaak en in 2018 as deel van die vierings van Mandela se honderdste geboortedag op die Durban International Film Festival (DIFF) vertoon.

Die rolprent word vanjaar op 1 Mei, Werkersdag, om 20:00 in ’n spesiale vertoning in die Bioscope Independent Cinema in Foxstraat in Johannesburg gewys. Dit begin vandeesweek op 26 April in Ster Kinekor se Nouveau-teater in die Waterfront, die Nu Metro-teaters in die Waterfront en in die Labia-teater in Kaapstad wys.

Die regisseur van die rolprent is Jean van de Velde. In die rolverdeling is onder andere Peter Paul Muller as Bram Fischer, Sello Motloung as Nelson Mandela en Antoinette Louw as Molly Fischer.

An Act of Defiance was in 2017 die openingsfilm op die Kaapstadse Internasionale Filmfees (Cape Town International Market & Film Festival) en het die volgende toekennings in 2017 op filmfeeste ontvang:

Nederlandse Filmtoekenning – beste akteur

Nederlandse Filmtoekenning – beste draaiboek

Kaapstadse Filmfees – beste aktrise

Kaapstadse Filmfees – beste draaiboek

Mill Valley Film Festival – Goue toeskouerstoekenning

Movies that Matter Film Festival (Den Haag, Nederland) – Toeskouerstoekenning

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.