Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Cameron begin skiet aan nog 4 ‘Avatar’-flieks
’n Toneel uit die rolprent Avatar. Foto: 20th Century Fox

Die bekroonde regisseur James Cameron het verlede week begin om die vier duurste flieks ooit, almal deel van die Avatar-reeks, teen ’n koste van $1 miljard (R13,6 miljard) te verfilm, berig Deadline Hollywood.

Dit sal ook die meeste rolprente nog wees wat gesamentlik verfilm word. Die vorige rekord was toe Peter Jackson die drie dele van Lord of the Rings saam verfilm het.

Die Avatar-rolprente se verfilming mag dalk klink na ’n enorme taak totdat ’n mens onthou Cameron het reeds die twee rolprente met die grootste begrotings nog, die eerste Avatar en Titanic, op sy kerfstok.

Volgens Deadline het Avatar die rekord van Titanic as die grootste geldmaker verbeter.

Cameron het ook drie ander groot treffers, Terminator 2, Judgment Day en Aliens agter sy naam.

Lachlan Murdoch van 21st Century Fox kon nie presiese bedrae gee nie, maar teen ongeveer $250 miljoen (R3,4 miljard) per film sal die vier opvolgfilms net ’n bietjie minder kos as die eerste Avatar wat $265 miljoen (R3,6 miljard) gekos het, sou ’n mens inflasie byreken.

Dit is ook meer as wat die Hobbit-trilogie gekos het wat teen $623 miljoen verfilm is.

Die oorspronklike Avatar het $3 miljard by die loket verdien en daar sal gehoop word die vier opvolgflieks behaal dieselfde sukses.

Ondanks die reusewins wat die eerste Avatar gemaak het, het Cameron en die rolprentmaatskappy agt jaar gewag voordat met die verfilming vir ’n opvolg begin is. Nou word die vier opvolgflieks op mekaar se hakke verfilm.

Deadline berig die verfilming het reeds op 25 September by Manhattan Beach begin.

Fliekflooie gaan egter nog lank moet wag om die flieks te siene te kry. Die eerste opvolg in die Avatar-reeks sal in 2020 deur 21st Century Fox uitgereik word. Fox beplan om die volgende fliek in 2021 uit te reik, waarna die laaste twee in die reeks eers in 2024 en later te siene sal wees. Die uitreikings sal almal in Desember wees.

Meer oor:  James Cameron  |  Avatar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.