Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Cannes-wenners maak 2 keer geskiedenis

Die Suid-Koreaanse regisseur Bong Djoon-ho het Saterdag met sy fliek Parasite die eerste regisseur van dié land geword om die gesogte Palme d’Or-prys op die Cannes-rolprentfees los te slaan.

Terselfdertyd het die Frans-Senegalese regisseur Mati Diop die eerste swart vrou geword om in die fees se geskiedenis van 72 jaar die Grand Prix-prys te ontvang. Sy het dit met haar rolprent Atlantics gewen wat migrasie in Senegal magies-realisties uitbeeld.

Les Misérables deur die Fransman Ladj Ly en Bacurau deur Kleber Mendoça Filho en Juliano Dornelles van Brasilië deel die Jury-prys, die fees se derde prys.

Dié vier rolprente pak almal onderwerpe soos migrasie in Wes-Afrika, hedendaagse uitdagings waardeur die werkersklas in Frankryk in die gesig gestaar word en regse politiek in Brasilië (wat met ’n satiriese blik uitgebeeld word).

Die broers Jean-Pierre Dardenne en Luc Dardenne is as beste regisseurs vir hul fliek Young Ahmed aangewys, terwyl Céline Sciamma vir Portrait of a Lady on Fire as beste draaiboekskrywer aangewys is.

Emily Beecham en Antonio Banderas is as beste aktrise en akteur aangewys. Banderas vir sy rol in Pain and Glory deur die Spanjaard Pedro Almodóvar en Beecham vir haar rol in Little Joe deur die Oostenryker Jessica Hausner.

Hier is die wenners

Palme d’Or-prys

Parasite deur Bong Djoon-ho

Grand-prys (2de)

Atlantics deur Mati Diop

Mati Diop het met haar fliek Atlantics die eerste swart vrou geword om die Grand Prix-prys by die Cannes-rolprentfees te wen.

Beste akteur

Antonio Banderas in Pain and Glory

Jury-prys (3de, word vanjaar gedeel)

Les Misérables deur Ladj Ly

Bacurau deur Kleber Mendonça Filho en Juliano Dornelles

Beste regisseur(s)

Jean-Pierre en Luc Dardenne vir The Young Ahmed

Bong Djoon-ho het my sy donker komedie Parasite die eerste Suid-Koreaanse regisseur geword om die gesogte Palme d’Or-prys op die Cannes-rolprentfees te wen.

Beste aktrise

Emily Beecham in Little Joe

Beste draaiboek

Céline Sciamma met Portrait of a Lady On Fire

Eervolle vermelding (vollengte rolprent)

It Must Be Heaven deur Elia Suleiman

Camera d’Or-prys

Our Mothers deur César Diaz

Palme d’Or-kortfliekprys

The Distance Between Us and the Sky deur Vasilis Kekatos

Eervolle vermelding (kortfliek)

Monster God deur Agustina San Martín

Meer oor:  Bong Joon-Jo  |  Cannes-Rolprentfees  |  Parasite  |  Atlantics  |  Mati Diop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.