Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Charming’ laat groot en klein besin oor liefde
Die prins en Lenore in Charming.

Charming

Animasie

***

Wat het Sneeuwitjie, Doringrosie en Aspoestertjie in gemeen?

Die soeke na liefde – iets wat nog maar altyd ’n opdraende en afdraende stryd is.

Die animasieprent Charming, deur die regisseur Ross Venokur, handel oor Sneeuwitjie (Avril Lavigne), Doringrosie (Ashley Tisdale) en Aspoesterjie (Gloria Tang Tsz-kei), wat uitvind hulle al drie is verloof aan dieselfde man, Prins Charming (Wilmer Valderrama). Hy is by geboorte vervloek en kan dus nie liefhê nie. Hy word deur die heldin Lenore (Demi Lovato) gelei om in ’n epiese stryd dié vloek te oorkom.

Die skone prinsesse tree nie op soos ons hulle ken nie – hier is ’n ander verhaallyn as die gewone sprokies bekend aan generasies se kinders. Hulle is mooi en word gered maar . . . Die kyker se vooroordele oor dié karakters word uitgedaag en hul menslikheid word opnuut belig. Die kyker hoop dat die verloop van die storie nie só voorspelbaar is soos al blyk in die openingstoneel nie. Die prins moet kies tussen die prinsesse, maar dan is daar sy vyandelike vriend Lenore, wat haar toe al die tyd as ’n man voordoen . . .

Dié musikale animasie sal steeds ’n jonger generasie vermaak met al die liedjies, beeldmateriaal en selfs oordrewe stoeiery.

Tonele waar die drie prinsesse saam verskyn met Lenore wat hul beroof, is slim benader.

Die hoogtepunt van die prent is verseker ’n liedjie deur Amerikaanse sanger Sia, wat ook die stem van die een-oog feë vertolk. Sy is darem alombekend as die koningin van rolprentmusiek en hier skitter haar stem en karakter helder.

Die rolprent bevestig ook dat jy van kindsbeen af oor die belangrike en nodige vraagstukke van die lewe kan besin. Soos die geveg tussen goed teen kwaad, maar ook al die grys deeltjies tussenin. Kykers groot en klein kan ook hier nadink oor die ware aard van liefde.

Lovato, as die stem van Lenore, sing ook ’n paar liedjies wat dié popster se vokale vernuf bevestig.

Die aksietonele sal verseker die kleingoed vermaak met al die swaaie en draaie. Niks is té gewelddadig of wreed nie – als reg vir die teikenmark.

Boonop, met die ligsinnig en baldadige Prins in die omtrek is lagbuie verseker. Die taal is veral toeganklik vir kinders en die beelde is aantreklik en verlei die verbeelding.

Die rolprent bevestig ook dat jy van kindsbeen af oor die belangrike en nodige vraagstukke van die lewe kan besin. Soos die geveg tussen goed teen kwaad, maar ook al die grys deeltjies tussenin. Kykers groot en klein kan ook hier nadink oor die ware aard van liefde.

Liefde kom hier voor in onbaatsugtige dade, omgee sonder vrees, hoop op geluk en ywerigheid om slaggate in ons pad vorentoe te oorkom.

Die rolprent is gepas vir ons tydvak en het al die nodige hoekstene om ’n lekker fliekervaring te maak vir sowel ouers en kinders.

Alle ouderdomme. 90 minute.

Meer oor:  Fliek  |  Animasie  |  Prins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.