Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Connery bly dié James Bond

Sean Connery is die argetipiese James Bond, ’n fantasie van Ian Fleming, ’n stotteraar, wat hy geskep het in Jamaika.

In 1953 verskyn die roman Casino Royal.

In Russia From Love sien ’n mens 007 op sy beste: slim, flirterend, ironies én aantreklik. Hy kan op sy voete dink en wanneer hy twee sigeunervroue sien baklei en die Turkse agent vertaal wat hulle sê, is sy antwoord: “Ek het nie subtitels nodig nie.”

Sean Connery is vir ewig dié James Bond.Foto:

Skots met ’n keep in die wang. Kort van postuur, dog aanskoulik.

James Bond het deur die jare verskillende transformasies ondergaan. Die swaarwigtige George Lazenby; die parodiese Roger Moore; voormalige Shakespeare-akteur, Timothy Dalton; hartedief Pierce Brosnan tot humorlose, spiertier Daniel Craig.

Maar nie een het James Bond so perfek vasgevang soos Connery nie. Sauve en chauvinisties (die tydsgees word só weergegee) en in From Russia with love (1963) red die beeldskone Russiese agent hom wanneer Rosa Klebb hom wil doodmaak. Vertolk deur Lotte Leyna (Kurt Weill se vrou) in Venesië. In die slot word die rolprent van hul grensoorskrydende nag in Istanbul weggegooi in die water ... terwyl Mat Munro kweel in die agtergrond.

Shaken, not stirred.

Sir Sean Connery (90), onder meer bekend vir sy vertolking van Ian Flemming se ikoniese karakter James Bond, is Saterdag dood. Foto: Reuters

Selfs Umberto Eco het in The Role of the Reader (1979) oor hierdie karakter geskryf: die letsel op die wang, die kennis van goeie wyn en kos. In die rolprente is hy dikwels M se meerdere en in Diamonds are Forever (1971) wys hy hoeveel hy van whisky weet.

Alle Bond-verhale, aldus Eco werk met dieselfde narratiewe opposisies van lewe teenoor dood; uitspattige rykdom teenoor armoede; lojaliteit en dislojaliteit; held teenoor antiheld. En natuurlik Bond versus ’n mooi vrou wat hom dikwels probeer ondermyn.

Eksotiese agtergronde ... (eenkeer op besoek in Hongkong kon ek ’n plek maklik kry danksy my kennis van James Bond-rolprente.)

Die spel met Miss Moneypenny is eweneens belangrik. Die ironiese oujongnooi wat wag op James (met ’n Licence to Kill) is ’n ander subteks.

Sir Thomas Sean Connery (25 Augustus 1930 - 31 Oktober 2020) het terloops in die rolprentweergawe van Eco se The name of the Rose opgetree in 1986 en vroeër in Murder on the Orient Express in 1974. Hy kon egter nooit die Bond-persona afskud nie. Hy was immers in sewe James Bond-rolprente in sy Aston Martin DB5.

Sean Connery as James Bond in ’n toneel uit ‘Goldfinger’ in 1964. Foto: Getty Images

En dalk verklap die verandering van die motors ook iets van die tydsgees en hoe ons moes “aanpas”. Selfs later ’n BMW en M (Vice Admiral Sir Miles Messervy KCMG) word later selfs ’n vrou, heerlik uitspattig vertolk deur Judi Dench. Ja, sy wat vir Bond vertel dat hy sy eksmeisie, nou deurmekaar met die vyand, moet “pump for information”.

Stel jou voor Connery moes haar gesag aanvaar het?

En sy interaksie met M verklap iets van die oorspronklike machismo van die rolprente en die grappies tussen die manne wanneer Bond onder meer verklap van ’n aandjie uit met die stroewe M.

Connery vertolk Bond met ’n fyn balans tussen humor en erns; fantasie en werklikheid.

Jack Lord en Sean Connery in die James Bond-rolprent ‘Dr. No in 1962. Foto: Getty Images

In my studeerkamer staan die silwerboks (’n geskenk van Johann de Lange) met James Bond-rolprente. Ek kyk gereeld na Connery om iets te begryp van hoe genderpolitiek verander het en die wêreld toe daar nog ’n Koue Oorlog was.

Sean Connery is vir ewig James Bond.

Die naam is Bond, James Bond.

• Joan Hambidge beklee die Hofmeyr-leerstoel aan die Universiteit van Kaapstad.

Meer oor:  Sean Connery  |  Joan Hambidge  |  Flieks  |  James Bond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.