Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Costner, vegkuns en ’n poedeltjie wat ’n weerwolf is
Kevin Costner en Diane Lane in ’n toneel uit die riller ‘Let Him Go’.

Drie rolprente tref vandeesweek die rolprentteaters, en daar is iets vir omtrent elke fliekvlooi se smaak.

• Die aksieprent Jiu Jitsu, fokus op ’n klompie jiu-jitsu-vegters, wat hulself al sedert antieke tye moet beveilig teen die inval van wrede wesens van elders. Dié keer buig een van hul oorlogshelde die knie, en hulle is op hulself aangewese om nie net mekaar nie, maar ook die planeet te beskerm.

Die regisseur en skrywer is Dimitri Logothetis bekend om die rolprent Kickboxer: Retaliation.

IndieWire meen dit is ’n halfgebakte gemors, wat idees oral steel. Daarby meen hul resensent ook dat Nicolas Cage nie die prent kan red nie, al lyk hy so ’n bietjie soos Yoda.

Die Internet Movie Database ken die prent drie uit tien sterre toe. Die tydsduur is 92 minute. Die prent is ook Vrydagaand om 19:00 te sien by die V&A Waterfront se nuwe inryteater.

• Kevin Costner en Diane Lane is te sien in die riller Let Him Go. Dit handel oor ’n afgetrede sheriff George Blackledge (Costner) en sy vrou, Margaret (Lane), wat besorg is oor hul seun se weduwee en hul driejarige kleinseun. Dit blyk hul skoondogter het haar in ’n gewelddadige huwelik begeef drie jaar ná die dood van hul seun. Hulle besluit om haar te gaan soek nadat sy en haar nuwe man skielik weggetrek het uit hul dorp.

So ontmoet hulle die nuwe Weboy-skoonfamilie en dit word baie gou duidelik hul skoondogter en kleinseun verkeer inderdaad in lewensgevaar. Lesley Manville is te sien as die matriarg van die Weboys, wat haar seuns met ’n ysterhand regeer.

Die prent begin aanvanklik as ’n drama oor verlies en die rouproses, maar verander in ’n vergeldingsriller. Costner en Lane se spel word veral geloof. Dit is gegrond op die roman van Larry Watson.

Die prent het 79% behaal op Rotten Tomatoes.

Freddy Lupin is eintlik ’n weerwolf, al lyk hy soos ’n poedelhondjie in die animasieprent ‘100% Wolf’.

100% Wolf is ’n Australiese rekenaar-gedrewe animasieprent oor Freddy Lupin, ’n weerwolf en die aangewese leier van ’n groep weerwolwe. Tog is daar baie struikelblokke in sy pad om die leierskap oor te neem. Vir eers sal hy vinnig moet begin glo in homself en sy medewolwe se vertroue moet wen. Dit help ook nie dat hy in ’n poedelhondjie met ’n pienk haardos en pienk pompon-stertjie verander op die tyd dat hy eintlik die imposante maanhaar van ’n weerwolf moet kry nie. – Laetitia Pople

Meer oor:  Let Him Go  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.