
Brendon Daniels
Hieha! Cowboy Dan, ’n allerheerlike kortprent oor ’n karwag in die Kaapse middestad, wat hom verbeel hy is ’n cowboy, asook ’n profetiese, futuristiese prent, Benjamin, is die voorlopers onder die benoemings vir die beste kortprent (22 minute) op die agtste kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai, Kaapstad.
Brendon Daniels se vertolking van die karwag Dan wat soos ’n wafferse Don Quijote, “windmeulens” bestorm, is ook benoem vir sy spel.
Benewens vir die beste kortprent in die nuwe kategorie vir 22 minute is Wynand Louw vir sy regie benoem asook vir sy draaiboek van Cowboy Dan. Die klankontwerp en redigering van die prent is ook uitgesonder.
Benjamin speel teen die watertekort in die land af en het ook ses benoemings in dié kategorie ontvang: beste kortprent, Johannes Pieter Nel vir sy regie en draaiboek, Crystal Donna Roberts vir haar spel, en die redigering is ook uitgesonder.

Crystal Donna Roberts
In die kategorie vir rolprente van 11 minute is Milan Murray se animasieprent Kromkieriefontein asook Marcel Spaumer se Uitstappie in drie kategorieë uitgesonder vir beste prent, regie en draaiboek.
Die volledige benoemings is as volg:
Beste kortprent (11 minute):
Die leeftyd van ’n orgidee
Kromkieriefontein
Uitstappie
Beste kortprent (22 minute)
Axis Mundi
Benjamin
Cowboy Dan
Beste regisseur: kortprent (11 minute)
Marí Borstlap: Die leeftyd van ’n orgidee
Milan Murray Kromkieriefontein
SW Strauss: Uitstappie
Beste regisseur: kortprent 22 minute
Johannes Pieter Nel: Benjamin
Matthew Jankes & Sean Steinberg: Axis Mundi
Wynand Louw: Cowboy Dan
Beste akteur
Brendon Daniels: Cowboy Dan
Deon Lotz Axis Mundi
Gershwin Mias: Die invloed
Beste aktrise kortprent
Antoinette Louw: Axis Mundi
Condy Swanepoel: Fluit fluit
Crystal-Donna Roberts Benjamin
Beste draaiboek: 11 minute
Hendrik Nieuwoudt, Kristen Pienaar en Reuben Murphy: Grys
Marcel Spaumer: Uitstappie
Milan Murray: Kromkieriefontein
Beste draaiboek kortprent: 22 minute
Johannes Pieter Nel: Benjamin
Matthew Jankes en Sean Steinberg: Axis Mundi
Wynand Louw: Cowboy Dan
Beste redigering
Alastair Orr: Axis Mundi
Alexander la Cock: Cowboy Dan
Jacques le Roux: Benjamin
Beste tegniese versorging
Charlotte Buys: klankontwerp, Cowboy Dan
Frances Kroon: kinematografie, Kloof
Johannes Pieter Nel: kinematografie, Benjamin.
Die wenners van die kort- en vollengte- rolprente word vanaand in Kampsbaai aangekondig.