Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Depp, Pattinson in rolprent van J.M. Coetzee-roman
Johnny Depp

Johnny Depp, Robert Pattinson en Mark Rylance vertolk die hoofrolle in ’n rolprentweergawe van die Nobelpryswenner J.M. Coetzee se roman Waiting for the Barbarians.

Dié rolprent deur die Colombiaanse regisseur Ciro Guerra is onlangs klaar verfilm.

Dit handel oor ’n Britse magistraat (Rylance) aan ’n koloniale buitepos wie se lojaliteit aan die Britse Ryk begin wankel as hy in kontak kom met ko. Joll (Depp) en ’n klompie gevange rebelle. Die rebelle wou volgens Joll die buitepos aanval. Dit raak egter gou duidelik dat die gevangenes gemartel word. Die magistraat skaar hom by hulle en knoop ’n verhouding met een van die vroue aan. Later word die magistraat ook aangehou. Sy onderdanigheid en getrouheid aan sy ware vaderland word in twyfel getrek.

J.M. Coetzee
Robert Pattinson

Coetzee het die roman self in ’n draaiboek verwerk.

Waiting for the Barbarians is in 1980 gepubliseer in die hoogty van apartheid in Suid-Afrika, Coetzee se vaderland. Hy woon sedert 2002 in Australië en het intussen burgerskap gekry. Die roman, wat ’n hele paar pryse ontvang het, is deur Penguin as een van die groot boeke van die 20ste eeu aangewys.

Die Amerikaanse komponis Philip Glass het die roman in 2005 met welslae in ’n opera omskep. Dit is ook as ’n toneelstuk verwerk en telkemale oorsee opgevoer.

Guerra, wat op 23 jaar oud sy eerste rolprent gemaak het, het die afgelope twee jaar vinnig opgang gemaak in die internasionale rolprent-arena. Drie van sy flieks is op die Cannes-rolprentfees vertoon. Birds of Passage het vanjaar die Directors’ Fortnight geopen. Embrace of the Serpent het die Directors’ Fortnight-prys in 2015 gewen en is ook vir ’n Oscar benoem. Sy The Wind Journeys is ook op die fees vereer.

Rylance is ’n Britse akteur bekend vir sy Oscar-bekroonde rol in Bridge of Spies, Pattinson is veral beroemd as die bleek vampier van die Twilight-faam en Depp word deesdae al hoe meer in skurkrolle geplaas. Hy is bekend vir die Pirates of the Caribbean-reeks as Captain Sparrow.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.