Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Dié fliekprojekte vir Talents Durban gekies

’n Totaal van 28 rolprentmakers en ses rolprentkritici en -joernaliste dwarsoor Afrika is gekeur om vanjaar aan Talents Durban deel te neem.

Dié ontwikkelingsprogram steun jaarliks opkomende rolprentmakers en -skrywers met slypskole, seminare en meesterklasse; hulle lê ook projekte aan mentors voor, wat op hul beurt hul gementordes met pêrels van wysheid bystaan.

Die Suid-Afrikaners wat deurgedring het, sluit in die regisseur Aadil Dhalech met sy vollengte projek Bosryer; die regisseurs Phumi Morare en Twiggy Matiwana vir onderskeidelik die kortprente Why The Cattle Wait en Mob Passion; die regisseurs Celean Nacken en Michael James vir onderskeidelik die dokumentêre Hear Me Out en A History of Distance; die regisseur Erentia Bedeker vir die animasierolprent The Stonemason; die teksskrywer Obvious Nomaele en die regisseur Xolelwa Nhlabatsi vir onderskeidelik die reekse Choice Assorted en Outer Rim Job; en die rolprentkritikus en -joernalis Thabisa Ngcobo.

Luidens ’n mediaverklaring sal hulle hul aansluit by 25 ander toekomstige sterre uit Benin, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Egipte, die Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Mali, Mosambiek, Nigerië, Sierra Leone, Tunisië, Uganda en Zimbabwe.

Die program duur vyf dae en word oudergewoonte deur Durban FilmMart (DFM) – die vernaamste rolprentmark in Afrika – en die internasionale rolprentfees in Berlyn, oftewel die Berlinale, aangebied.

Talents Durban vind tydens die rolprentmark plaas, wat vanjaar weens die Covid-19-pandemie tussen 16 en 25 Julie aanlyn aangebied word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Pandemie  |  Inperking  |  Staat Van Inperking  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Covid  |  Fliek  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.