Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Dié groot regisseurs bring hul prente na Cannes
Die amptelike plakkaat van die 72ste Cannes-rolprentfees met ’n argieffoto van die ontslape Franse regisseur Agnès Varda wat in Maart vanjaar oorlede is.

Die jongste prente van veteraan-regisseurs soos Pedro Almodóvar, Ken Loach, Jim Jarmusch, Terrence Malick en Jessica Hausner is op die program vir die 72ste Cannes-rolprentfees.

Die regisseur van die omstrede Drive, Nicolas Winding Refn, is terug in Cannes, maar hier met sy televisiereeks Too Old to Die Young waarin Miles Teller en Billy Baldwin te sien is. Die reeks, wat in Junie op Amazon begin wys, ontbloot die donker onderwêreld van Los Angeles se misdaadbendes.

A Hidden Life, van die regisseur Terrence Malick, is ’n historiese drama oor ’n gewetensbeswaarde Oostenrykse man wat geweier het om vir die Nazi’s te veg in die Tweede Wêreldoorlog. Spelers soos August Diehl is daarin te sien, asook die ontslape akteurs Michael Nyqvist en Bruno Ganz.

Die Franse rolprentmaker Bruno Dumont se tweede prent oor die Franse kryger Johanna van Arkel (Joan of Arc) fokus op die heldin se lewe kort voor

Antonio Banderas in Glory and Gloria van Pedro Almodóvar.

haar dood. Ou bekende Almodovár-gesigte soos Penelope Cruz en Antonio Banderas is te sien in die Spaanse meester se prent Glory and Gloria.

Die fees begin op 14 Mei en duur tot 25 Mei in die glansryke Franse kusstad.

Vanjaar is daar 13 rolprente deur vroueregisseurs en vier ding mee vir die Goue Palm. Dit volg nadat meer as tagtig vroue verlede jaar op die rooi tapyt protes aangeteken het teen die onderverteenwoordiging van vroue op die fees – die toetssteen van die internasionale rolprentbedryf. Talle het die 5050x2020-onderneming onderteken wat eis dat vroue meer betrek moet word by die vervaardiging van rolprente.

Hier is die amptelike lys:

’n Toneel uit Terrence Malick se jongste rolprentA Hidden Life.

In kompetisie

The Dead Don’t Die (Jim Jarmusch) – open die fees

Parasite (Bong Joon-ho)

Glory and Gloria (Pedro Almodóvar)

The Traitor (Marco Bellocchio)

The Wild Goose Lake (Diao Yinan)

Matthias & Maxime (Xavier Dolan)

Roubaix, a Light (Arnaud Desplechin)

Atlantique (Mati Diop)

Les Misérables (Ladj Ly)

A Hidden Life (Terrence Malick)

Little Joe (Jessica Hausner)

Sorry We Missed You (Ken Loach)

Ahmed (Jean-Pierre en Luc Dardenne)

Nighthawk (Kleber Mendonça Filho)

The Whistlers (Corneliu Porumboiu)

Frankie (Ira Sachs)

Portrait of a Lady on Fire (Céline Sciamma)

It Must Be Heaven (Elia Suleiman)

Sibyl (Justine Triet)

Buite kompetisie

The Best Years of a Life (Claude Lelouch)

Rocket Man (Dexter Fletcher)

Too Old to Die Young (Nicolas Winding Refn)

Diego Maradona (Asif Kapadia)

La Belle Époque (Nicolas Bedos)

Un Certain Regard

Joan of Arc (Bruno Dumont)

The Climb (Michael Covino)

A Brother’s Love (Monia Chokri)

The Swallows of Kabul (Zabou Breitman, Eléa Gobbé Mévellec)

Invisible Life (Karim Aïnouz)

A Sun That Never Sets (Olivier Laxe)

Chamber 212 (Christophe Honoré)

Port Authority (Danielle Lessovitz)

Papicha (Mounia Meddour)

Adam (Maryam Touzani)

Zhuo Ren Mi Mi (Midi Z)

Liberté (Albert Serra)

Bull (Annie Silverstein)

Summer of Changsha (Zu Feng)

Evge (Nariman Aliev)

Spesiale vertonings

Share (Pippa Bianco)

Family Romance, LLC (Werner Herzog)

Tommaso (Abel Ferrara)

Middernagtelike vertoning

The Gangster, The Cop, The Devil (Lee Won-Tae)

Meer oor:  Cannes  |  Rolprente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.