Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Die week op die silwerskerm

Mile 22 **

Dit maak nou nie saak of Mark Wahlberg op sy gewone macho manier hulde bring aan kampvegters vir geregtigheid nie; die buitensporig besige redigering, die ekstreme geweld (hoeveel handgranate en bomme kan in 90 minute ontplof?) en die oordadige storie laat dié aksieprent soms struikel. Die charismatiese Iko Uwais as ’n geheime agent en die choreografie van sy gevegstonele verdien vermelding.

’n Amerikaanse intelligensie-offisier moet ’n man met sensitiewe inligting en ’n belangrike kode veilig uit die land kry. Maar in die proses word dosyne mense opgeblaas. Net aanbeveel as jy van wrede aksiegeweld hou.

The Nun ***

As jy nou regtig ’n behoefte het om bang gemaak te word, hierdie voorganger van die The Conjuring-reeks flieks met die sjarmante Taissa Farmiga doen sy bes. Daar is egter te veel clichés en ’n eindelose geronddwalery met lanterns en kerse in spokerige gange.

Die einde is, soos te verwagte, heeltemal oordadig. Logika speel ook geen rol in dié spookstorie nie.

Meer oor:  The Nun  |  Mile 22  |  Vermaak  |  Flieks  |  Silwerskerm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.