Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Dít is nou die gewildste fliek van alle tye

James Cameron se fliek Avatar wat sedert 2009 die nommer 1-plek as die gewildste fliek van alle tye beklee, moes die naweek opsy skuif sodat ’n nuwe gunsteling sy plek kan inneem.

Die gewilde Marvel-fliek Avengers: Endgame het Sondag vir Avatar as die gewildste fliek verbygesteek, het Walt Disney Co. aangekondig.

Kaartjieverkope vir Avengers: Endgame het Sondag meer as die $2,789 miljard-kerf van Avatar verbygesteek nadat die fliek reeds in April op die silwerdoek begin draai het.

Avengers het Sondag reeds meer as $2,9 miljard in kaartjieverkope verdien.

Avengers: Endgame is die gewildste fliek van alle tye. Foto: Marvel.com

Avengers: Endgame het ’n opbou van 22 flieks gehad nadat Marvel vir ’n dekade flieks oor die superhelde in dié flieks gemaak het.

Die eerste Avengers-fliek het in 2012 verskyn, waarna daar weer ’n Avengers-fliek in 2015 en 2018 op die silwerdoek gewys het voordat Avengers: Endgame in 2019 opslae gemaak het.

Akteurs soos Robert Downey jr., Chris Hemsworth, Scarlett Johansson en Chris Evans was deel van die oorspronklike Avengers-flieks. – Reuters

Robert Downey jr. het die rol van Iron Man in die fliek vertolk. Foto: Getty Images

Meer oor:  Flieks  |  Avengers: Endgame  |  Avatar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.