Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Dogman’ en ‘Kanarie’ op Kaapse filmfees vereer
Die plakkaat van Dogman wat drie pryse, waaronder beste rolprent, op die pas afgelope Kaapstadse rolprentmark-en-fees gewen het.

Italië se Oscar-inskrywing in die kategorie vir die beste buitelandse rolprent het op die pasafgelope Kaapstadse rolprentmark-en-fees skoonskip onder die pryse gemaak.

Dogman, ’n aangrypende vergeldingsprent oor ’n sagmoedige hondeversorger wat wraak neem op ’n boelie wat sy lewe verongeluk het, het die gesogte groot prys (The Grand Prix) gewen en Matteo Garrone is as beste regisseur en Marcello Fonte as die beste akteur vereer. Fonte se sensitiewe, onderspeelde vertolking het ook op die Cannes-rolprentfees die prys as beste akteur aan hom besorg.

Christiaan Olwagen se musikale oorlogsdrama, Kanarie, is as beste LGBTQ-prent aangewys. Olwagen is geprys as ’n sterk nuwe stem in die Suid-Afrikaanse rolprentkuns vir sy bedrewe uitbeelding van uitdagende karakters en vraagstukke soos nasionalisme, godsdiens en seksualiteit. Schalk Bezuidenhout se vertolking is geloof asook die visuele aanbieding van die prent en die sensitiewe balans tussen komedie en drama.

Die pryse is op ’n glansryke gala-aand in die Kaapstadse stadsaal oorhandig, en meer as 120 rolprente van oor die wêreld het in kompetisie meegeding. Die fokus van die fees was op verskeie genres, insluitend dokumentêre prente, vollengte-prente en kortprente.

Tematoekennings soos beste LGBTQ, beste Asiatiese prent en ’n prys vir beste nuwe regisseur is toegeken.

Die onderskeie juries was veral beïndruk deur die Asiatiese prente uit lande soos Thailand, die Filippyne en Taiwan.

Daar was ’n sterk fokus op Italiaanse rolprente en prente van Afrika was ook sterk verteenwoordig.

Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die Oscars se kategorie beste buitelandse film, Sew the Winter to My Skin, geregisseer deur Jahmil X. T Qubeka, is as beste Suid-Afrikaanse prent uitgesonder en die dokumentêre rolprentmaker Rehad Desai se Everything Must Fall is die beste Suid-Afrikaanse dokkie en die beste Suid-Afrikaanse kortprent is Rea Moeti se Mma Moeketsi.

Die beste nuwe regietalent is Kenia se Likarion Wainaina vir Supa Modo. Dié prent fokus op ’n jong meisie met ’n ongeneeslike siekte wat haar as ’n superheld voordoen.

Die regisseur Rene van Rooyen is een van die wenners van die ontwikkelings- en draaiboekskrywerspryse. Sy ontvang steun om haar prent Toorbos, gegrond op Dalene Matthee se roman, verder te ontwikkel. Sy is geprys as ’n sterk plaaslike stem en haar uitbeelding van die magiese Knysnawoude en sterk vrouehoofkarakter het die beoordelaars aangegryp.

Pryse in ander kategorieë is ook toegeken.

*Kanarie wys tans op die nasionale kringloop.

Meer oor:  Kanarie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.