Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Dokkie oor ‘Eet Kreef! Herleef’ Saterdag gestroom

’n Dokumentêre rolprent oor die musiekproduksie Eet Kreef! Herleef – waarin die musiek van Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band weerklink – word Saterdag gestroom.

Dié produksie was verlede jaar verskeie kere op die planke. Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band het in 1989 die album Eet Kreef! uitgereik.

DIe musiekproduksie “Eet Kreef! Herleef” wat Saterdag as dokumentêre rolprent gestroom word. Foto: Pierre Rommelaere

Eet Kreef! Herleef bied ’n interpretasie en satiriese inslag deur kunstenaars soos Laudo Liebenberg (hoofsanger), Frank Freeman (kitaar) en Schalk van der Merwe (baskitaar) asook Jannie “Hanepoot” van Tonder van die oorspronklike Gereformeerde Blues Band.

Die groep is genader om ook ’n album op te neem. Dié opname is in ’n musiekrolprent omskep, aangebied deur Supra Familias en vervaardig deur Freeman.

“Dis ’n lekker storie,” sê Frank Freeman. Hy verduidelik hoe die gedagte vir Eet Kreef! Herleef! ontstaan het. “Ek het vroeg verlede jaar Johannes Kerkorrel se musiek herontdek en gedink hoe relevant dit nou nog klink. Dit was ten tyde van uitreiking iets unieks in Afrikaanse musiek en dit staan vandag steeds sterk. Ek wou die geskiedenis van die alternatiewe Afrikaanse musiek en kultuur in ’n nuwe produksie sit en op ’n manier die verlede en die hede bymekaarbring.”

Die agtergrond en proses rakende die album se opname is in Augustus in die legendariese Sunset Recording Studios buite Stellenbosch verfilm. Dit bestaan uit die liedjies op die album en onderhoude met die orkeslede.

“Toe die geleentheid opduik om ’n album van die projek te maak, was die manier waarop ons dit opneem vir my belangrik,” sê Freeman. “Dit moes live opgeneem word met almal wat saam in ’n kamer speel. Net soos die shows. Dis presies wat ons gedoen het. Ons het alles binne drie dae opgeneem en ek is trots op die eindproduk.

“Wat jy hoor, is ons wat speel en sweet in ’n kamer. Eerlik en sonder te veel afronding. Die fliek is tydens die opnames geskiet.”

Liebenberg beskryf hoe dit voel om in iemand soos Kerkorrel se skoene te staan: “Ek dink dit is ’n groot uitdaging om vir ’n album soos dié op te tree omdat dit so uniek is en baie na aan mense se harte lê. Ons het van die begin af gesê dat dit ’n verwerking moet wees en nie ’n tribute show nie. Sit jou eie stempel op, wees eerlik en respekvol teenoor die song is my mantra vir hierdie album en vertonings.”

• Die fliek begin Saterdag om 19:30. Kaartjies kos R100. Bespreek by iTickets, waarna ’n skakel na die fliek aan jou gestuur word.

• Sheldon Yoko (tromme), Etienne van Rooyen (klawerbord) en Nicole Mitchell (sang) maak ook deel van die orkes uit.

• Laai die album hier af. 

Meer oor:  Johannes Kerkorrel  |  Flieks  |  Musiek  |  Dokumentêr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.