Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Dramaturg Ronald Harwood (85) sterf

Die Suid-Afrikaans gebore dramaturg en draaiboekskrywer sir Ronald Harwood is Dinsdag op die ouderdom van 85 jaar dood.

Ronald Harwood hou sy Oscar vir die draaiboek van ‘The Pianist’ vas. Foto: Getty Images

The Guardian berig Harwood het volgens Judy Daish, sy agent, in sy huis in Sussex aan natuurlike oorsake gesterf.

Volgens sy amptelike biografie, Speak Well of Me: The Authorised Biography of Ronald Harwood deur W. Sydney Robinson, is Harwood op 9 November 1934 as Ronald Horwitz in Seepunt, Kaapstad, gebore.

Hy het aan die destydse Sea Point Boys’ High School gematrikuleer voordat hy sy van na Harwood verander het en sy opleiding aan die Royal Academy of Dramatic Art in Londen voortgesit het.

Hoewel hy sy loopbaan as teaterkleder en -akteur begin het, het hy in die 1960’s as skrywer bekendheid verwerf. Hy word vandag veral onthou vir sy teaterstuk The Dresser (1980), wat in 1983 en 2015 vir die grootskerm verwerk is, asook Quartet (1999), wat ook tot rolprent verwerk en in 2012 uitgereik is.

Harwood is as draaiboekskrywer drie keer vir ’n Oscar benoem: in 1983 vir The Dresser, in 2003 vir The Pianist, en in 2007 vir The Diving Bell and the Butterfly. Hy het die goue beeldjie vir The Pianist ontvang.

Koningin Elizabeth II het hom in 2010 tot ridder geslaan.

Harwood was meer as 50 jaar getroud met Natasha Riehle, wat volgens verklaring deur die familie in 2013 dood is. Hy word deur hul drie kinders, Antony, Deborah en Alexandra, oorleef.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier met bykomende bronne: BBC, oscars.org

Meer oor:  Fliek  |  Teater  |  Flieks  |  Oscar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.