Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Durban Filmmart se tema vanjaar is pandemie se ontwrigting
Judy Kibinge, ’n Keniaanse rolprentmaker en lid van die Academy of Motion Pictures Sciences.

Die tema van die 12de Durban Filmmart, allerweë beskou as die grootste rolprentgebeurtenis op die vasteland, is “Disrupt! The shape of stories to come”. Dit word van 16 tot 25 Julie virtueel aangebied.

By vanjaar se Filmmart gaan gesprekke gevoer word oor die ontwrigting van die plaaslike bedryf deur die koronavirus-pandemie, terwyl unieke geleenthede wat wel ontstaan het, gevier gaan word. So sê Magdalene Reddy, die waarnemende hoofbestuurder.

“Die mark moedig toegang vir soveel moontlik mense in die bedryf aan en help skep aan ’n gemeenskap in die Afrika-bedryf. Ons dien ook as ’n platform vir skakeling met die internasionale rolprentbedryf.”

Die Pitch Forum word van 16 tot 19 Julie aangebied en stel finansiers, beleggers en programsamestellers bekend aan 70 fliekprojekte uit Afrika wat tans in die ontwikkelingsfase is. Dit sluit dokkies en fiksieprente in, deelnemers aan die Talents Durban-program in vennootskap met die Berlinale Talents (Berlynse rolprentfees) se projekte, asook prente van die Lusophone Africa-inisiatief.

Die Angolese rolprentmaker Coréon Dú.

Ses opkomende regisseurs gaan die kans kry om deel te neem aan die Produire au Sud-mentorskapprogram.

’n Digitale katalogus van 60 Afrika-projekte, wat fiksie, dokumentêre prente, reekse en animasie insluit, is tans gereed vir aankope en verspreiding. Die prente is saamgestel om unieke Afrika-stories te vervat en beskikbaar te stel vir die internasionale mark.

Die program sluit ook die gespreksreekse DFM in Conversation in, asook Durban Does Docs, Engage en die sogenaamde Talent Filmmaker Talks. Sleutelfigure in die bedryf neem deel aan die gesprekke, waarby markgangers kan inskakel. Aan DFM in Conversation neem onder andere Effie T. Brown, die uitvoerende hoof van Gamechanger Films, deel. Ander sprekers sluit in Judy Kibinge, ’n Keniaanse rolprentmaker en lid van die Academy of Motion Pictures Sciences, en die Angolese rolprentmaker Coréon Dú.

Die kollig val ook op die ontwikkeling en snelle groei van animasie op die Afrika-vasteland. Verteenwoordigers van toonaangewende animasie-ateljees neem deel aan die gesprekreeks. Onder die ateljees tel Na Aap Production, Triggerfish, African Animation Network en Animation SA.

Besoek die webblad www.durbanfilmmart.co.za vir nadere besonderhede en om te registreer.

Meer oor:  Animasie  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.