Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Eastwood herskep wonder-vliegtuiglanding
Clint Eastwood en Aaron Eckhart op die stel van die rolprent Sully.

Die akteur en regisseur Clint Eastwood is die regisseur van die rolprent Sully wat gegrond is op die vliegtuiglanding wat kaptein Chesley Sullenberger op die Hudsonrivier in 2009 moes maak. Vrydag! het met hom gesels.

Wat dink jy van die storie van kaptein “Sully” Sullenberger en die gedwonge waterlanding wat hy op die Hudsonrivier moes maak wat ’n mens so inspireer?

Wat my beïndruk het toe ek die rolprentteks die eerste keer gelees het, was dat Sully ’n regte Amerikaanse held is, iemand wat die regte ding op die regte tyd gedoen het en hom aangepas het by dit wat hom in die gesig gestaar het. Hy moes ’n klomp goed oorkom wat hy nie verwag het nie. Almal stel hulself voor wat sou gebeur as jy al jou mag verloor. Ek vlieg helikopters en jy kyk altyd uit vir plekke waar jy moontlik kan land indien iets gebeur. Dit is dieselfde met vlieëniers, hoewel jy meer bystand het.

Dit was jou eerste rolprent saam met Tom Hanks. Wat het jou tot Tom vir die rol van Sully aangetrek, en was daar enigiets omtrent sy optrede wat jou as regisseur verras het?

Ek het geweet hy is ’n baie goeie akteur. Ek het sy loopbaan oor die jare heen dopgehou en ek het ’n paar skitterende vertolkings deur hom gesien. Dit is egter altyd lekker as jy sien die materiaal waarby ons almal betrokke was, kom so goed uit. Die eerste keer wat jy Tom as die karakter hoor praat, dink jy: “Ja, dis oukei, ek sal daarop inkoop.” So, jy word altyd op die pad verras. Jy word nie verras net omdat dit goed is nie, maar jy word aangenaam verras wanneer dit selfs jou verwagtinge oortref. Tom is skitterend. Hy is ’n regisseur se droom wat samewerking betref. Hy is altyd betyds. Hy is altyd doeltreffend en hy ken sy storie. Hy was wonderlik. Hy is goed voorbereid en weet wat hy doen. Ek het gedink hy was manjifiek.

Aaron Eckhart speel Jeff Skiles, die ander vlieënier saam met Sully in die rolprent. Hoe het jy met Aaron en Tom gewerk om die interaksie tussen hierdie twee ervare vlieëniers te bewerkstellig dat kykers glo in wat hulle deurmaak?

Hulle doen dit net! Dit is ’n goed geskrewe teks. Die skrywer was baie toegewyd met sy navorsing oor wat gebeur het, en presies hoe dit gebeur het. En ons het kaptein Sullenberger daar gehad. Hy het ’n boek daaroor geskryf en hy het nogal ’n gedetailleerde ingesteldheid. So, die besonderhede was daar. Ons moes dit net geloofwaardig maak. En dit is moeilik om te doen. Dit is onmoontlik om ’n ander vliegtuig te kry en dit weer so te land. Jy mag dit dalk ’n paar keer doen en nie suksesvol wees nie. Dit het ’n kombinasie van verskeie effekte geneem om alles te laat saamwerk en om daardie 208 sekondes weer in die lewe te roep, en met al die spanning en krag soos in die werklikheid.

Wat het julle as die grootste uitdagings beskou?

Wel, nadat ek die teks gelees het, het ek gewonder wat kon die ergste ding gewees het wat daar kon gebeur. En ek het gesê: Ons sal dit as ’n droomsekwensiedoen om die rolprent mee te begin. Net om mense te wys wat ’n regte tragedie dit kon gewees het. En om terselfdertyd te wys wat deur Sully se kop gegaan het. So, ek het daardie toneel bygevoeg en dit het ’n goeie begin aan die rolprent gegee. Dan gaan jy deur die probleme wat Sully verduidelik het en wat sy gedagtegang die heeltyd was tot regdeur die verhore deur die National Transportation Safety Board (NTSB).

Die NTSB het sy werk gedoen, en dit was om vrae te vra om te bepaal presies hoekom ’n vliegtuig van $60 miljoen verloor is. Jy moet dit doen baie soos hulle in die werklikheid gemaak het, en die akteurs het dit verstaan. Ek was baie trots op al die akteurs in die rolverdeling. Hulle het almal gelyk of hulle dit maklik begryp.

Vertel van die dag toe julle op ’n regte Airbus A320-vliegtuig verfilm het. Op watter dag het kaptein Sullenberger die stel kom besoek? Hoe was dit vir jou?

Ek het daar gesit en wonder hoe dit vir hom moet wees om dit te sien! Ons het die vliegtuig in ’n meer in die water gehad en dit op ’n kompasbeuel geplaas sodat op verskillende hoeke beweeg kan word sodat dit kon ooreenstem met die regte hoeke ten tyde van die werklike gebeurtenis. Ek het meer daarin belang gestel om sy gesig te sien as enigiets anders. En dit was baie, baie interessant. Die vliegtuig wat ons gebruik het, was presies soos die vliegtuig wat daardie dag gevlieg het. Jy kon nie die verskil agterkom nie. Dit het dieselfde kleure binne gehad, alles. Daardie vliegtuie word ná ’n sekere aantal myle of “ure”, soos hulle sou sê, uit diens geneem en ons het ’n vliegtuig gekoop. Ons het dit in die tenk gesit en dit het in plek geval. Natuurlik moes ons met agtergronde werk om dieselfde effek te verkry van wat gebeur het. Maar as jy na die regte beeldmateriaal kyk, kom die fliek taamlik naby daaraan.

Meer oor:  Clint Eastwood  |  Fliek  |  Sully  |  Onderhoud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.