Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Een van beste flieks van eeu op Showmax

Die Suid-Koreaanse rolprent Parasite­ word beskou as een van die beste rolprente van die afgelope eeu. Dit is wêreldwyd met meer as 300 pryse bekroon, insluitend die Goue Palm op die rolprentfees in Cannes, ’n Golden Globe, twee Bafta-pryse en vier Oscars.

Die Oscars was vir beste regisseur (Bong Joon Ho), oorspronklike draaiboek, internasionale rolprent én beste rolprent. Dit is nou op Showmax te sien.

Dit is ’n donker verhaal van klassediskriminasie en gulsigheid en handel oor ’n arm gesin wat ’n welgestelde gesin binnedring deur hulself voor te gee as hoogs gekwalifiseerde mense. Hulle begin werk vir die Parks as huishoudster, motorbestuurder, Engels-onderwyser en kunsterapeut. Die ryk Park-gesin weet nie dat hul werkers almal deel is van die Kim-gesin nie.

Die Kim-gesin infiltreer ’n welge-stelde gesin in die donker komedie Parasite van Suid-Korea.

Christiaan Boonzaier meen ’n mens het ’n sitplekgordel vir die rolprent nodig. Hy skryf: “Die lewe­ vir die (eens werklose) Kims is skielik goed. Hulle melk die Parks soos net woekerdiere kan, maar besef nie terwyl hulle vreet dat hulle ook op dryfsand staan nie: Hoe meer hulle hul-self uit ’n karige bestaan wriemel, hoe dieper sak hulle weg in ’n skynlewe vol leuens en bedrog.

“Dit is dan wanneer ’n Lord of the Flies-soort stryd om oorlewing losbars en die fliek so vinnig wendings opdiep en van genre­ verwissel dat jy eintlik ’n sitplekgordel nodig het.”

Die kuns- en kultuurtydskrif Vulture skryf dat Parasite “ ’n meesterstuk is wat jou senuwees aan skerwe laat spat” en skryf verder “dat jy die rolprent as een ding ervaar, maar dit is eintlik iets heeltemal anders”.

The New York Times meen dit is ’n dringende storie oor klas, wat op ’n sensasionele en vermaaklike manier vertel word”.

Dit is in die 30ste plek op Imdb se lys vir toprolprente tot nog toe.

Meer oor:  Showmax  |  Fliek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.