Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Eerlike blik op Ellen Pakkies

Ellen: Die Ellen Pakkies-storie is nie net die storie van een ma nie, maar ook die storie van soveel ander ma’s op die Kaapse Vlakte. Pakkies en haar seun Abie is die Psalm 23 wat ons almal ken en opsê, die belydenis van geloof wat ons tonge beset en die weerklank van soveel ge­bede. 

Jill Levenberg in Ellen: die Ellen Pakkies storie. Foto: Lindsey Appolis

Die vraag nou moenie wees “hoe het ons hier gekom nie?” – maar eerder “wat gaan ons doen?”

Die rolprentkuns het oor die jare bewys dat dit as ’n verreikende kunsvorm stories na die voorgrond kan bring. Afgesien van die politiek van kommersiële waarde en die voorkoms van tydelike tendense in populêre kultuur, het outobiografiese rolprente soos 12 Years a Slave, Schindler’s List, Erin Brockovich, Dis ek, Anna en vele meer ons twee keer laat dink oor die wasem op ons eie spieëls. 

Sulke prente tug die kyker oor hoe ons mekaar as mense daagliks faal en wys dat mens­gemaakte stelsels wat ons samelewing regeer (staat, politiek, geld, status, mag, velkleur), nooit gelyk kan staan met die onverskrokke menslike kondisie waarmee ons elke dag moet leef nie. 

So, waarom staan dié maghebbende strukture in die pad van ons menslikheid en weerloosheid? 
Ellen Pakkies die werklike vrou en haar ervarings word veelvlakkig en menslik uitgebeeld. In die draaiboek deur Amy Jephta staan haar woorde broos en bont in Jill Levenberg se mond, wat Pakkies vertolk in die rolprent. 

Jephta het saam met Pakkies aan die draaiboek geskryf en haar pen is eerlik en lewendig in dié konteks.
Tog is die vertolking van Levenberg en Jarrid Geduld as haar seun Abie die hoogtepunte van die rolprent. Albei vind nuanses in hul karakters se ontwikkeling en hul innerlike verwikkeldheid. Geduld word die dwelm waardeur ons juis sien wie en wat dié dwelm is. Maar tog is hy net ’n seun in die kloue van die dwelm en “dis (steeds) sy mammie”, soos hy in ’n teer oomblik sê terwyl hy aan Levenberg se hand vasklou. 

Die kyker is vasgenael in elke hartverskeurende oomblik en leer Pakkies se storie ken van haar jare as opgeskote kind tot daardie onbeskryflike oomblik. 

Daarby bevestig die regisseur Daryne Joshua (Noem my Skollie) met sy tweede aflewering dat hy inderdaad met sy talent en sensitiwiteit uit volle bors ’n diens aan soveel gemeenskappe op die Kaapse Vlakte lewer. 
Hy vergryp hom nie aan Pakkies se storie om dit uit te verkoop aan mense met invloed nie, maar bou die rolprent op die hoekstene van eerlikheid, menswaardigheid en respek. 

Die balans is nie net in die vertolking nie, maar ook in hoe hy Pakkies se huis uitbeeld, asook Lavender Hill en die gemeenskap se teenwoordigheid in die hoofkarakters se lewe. Elton

Landrew, as Abie se pa, lewer ’n foutlose vertolking wat nog lank sy loopbaan verder sal dryf. 
Kay Smith is ’n opwindende aktrise wat haar vernuf in net ’n paar tonele bewys.

En in die doodsnikke van die prent, waar Pakkies haar getuienis in die hof lewer oor wat die oggend gebeur het, verwag die kyker die voorspelbare: ’n aggressiewe bakleiery wat gelei het tot daardie finale besluit?.?.?. juis dáár bereik die prent ’n hoogtepunt. 

Dit is glad nie soos die koerante dit uitgebeeld het nie, en die fliek draai ál ons vooropgestelde opinies en veroordeling van Pakkies se besluit nek-om. 

Soos sy sê: “Mense dink hulle ken my storie?.?.?.”
Dié rolprent is ’n triomf waardeur ’n belangrike storie met integriteit en hoë standaarde vertel word.
Ellen: Die Ellen Pakkies-storie wys van vanaand in plaaslike fliekteaters.

Meer oor:  Daryne Joshua  |  Ellen Pakkies  |  Jill Levenberg  |  Kaapse Vlakte  |  Lavender Hill  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.