Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Eiesoortige liefdesdrama is vol kinkels

Liewe Lisa

Romantiese drama

***

  • Met Zane Meas, Albert Maritz, Barbara-Marie Immelman, Stian Bam, Marco Spaumer, Crystal-Donna Roberts en meer. Tydsduur: 134 mins.
Daniel (Hendrik Cronjé) en Lisa (Elani Dekker) in die nuwe fliek Liewe Lisa.

Met Valentynsdag op die kalender is Liewe Lisa die ideale manier om die liefde in die lug te vier.

Dit is ’n eiesoortige drama met ’n interessante storielyn vol kinkels en draaie.

Daniel (Hendrik Cronjé) gradueer binnekort, maar hy is skielik deurmekaar en dit maak dat hy nie sy finale eksamen deurkom nie. In hierdie tyd raak hy in ’n liefdesdrama verstrengel met ’n ouer vrou (gespeel deur Barbara-Marie Immelman), ’n kortstondige passie wat hy baie later steeds berou.

Hy ontmoet vir Lisa (Elani Dekker), die dogter van ’n invloedryke besigheidsman (Albert Maritz), en raak verlief op haar. Die foute van sy verlede haal hom egter in en Daniel se lewe slaan ’n nuwe koers in saam met ’n leermeester en mentor Tom (Zane Meas.) Die ontwikkeling van die verhouding tussen Daniel en Tom is amper die sinvolste en geloofwaardigste deel van die hele fliek.

Zane Meas vertolk sy rol meesterlik, hoewel die res van die akteurs ook darem by hom kers vashou. Barbara-Marie Immelman is ’n geloofwaardige feeks en Delila, terwyl Hendrik Cronjé beslis ’n andersoortige held en hoofkarakter is wat hoe langer hoe meer vat op die kyker kry.

Die storie voel soms effe stadig, veral teen die einde wanneer mens eintlik net wil hê die twee hoofkarakters moet al die verskille oorkom en daarna vir altyd gelukkig saamleef.

Die draaiboek is deur Hendrik Cronjé geskryf en is geïnspireer deur die rolprent The Graduate (1967). Vanweë Hendrik se groot behoefte om sy eie rolprente te maak, het hy kragte saamgesnoer met sy broer, Johan T. Cronjé, en het hulle Liewe Lisa self vervaardig.

Dit het ’n pragtige klankbaan wat ek beslis by my musiekversameling sal voeg.

Meer oor:  Hendrik Cronjé  |  Fliekresensie  |  Flieks  |  Liewe Lisa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.