Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Ek sal net met nuwe fliek moet terugkom’

Leon Schuster sê daar is “letterlik niks” wat hy kan doen oor die verwydering van sy rolprente uit Showmax se katalogus nie.

“Die beste ding wat ek kan doen, is om terug te kom met ’n fantastiese nuwe rolprent.”

Die stromingsdiens het Vrydag in ’n verklaring gesê hy het ’n aanvanklike hersieningsproses voltooi van die rolprente wat hy op dié platform aanbied en dat hy sewe rolprente verwyder het, waaronder vyf van Schuster.

Luidens die verklaring was die doel van die hersiening om ras-onsensitiewe inhoud in sy aanbieding te identifiseer.

“Sewe van die titels is ver­wyder weens negatiewe ras­stereotipering en prominente elemente van blackface,” lui die verklaring.

Leon Schuster

Een van die ses Schuster- flieks wat aanvanklik onder hersiening was, Frank & Fearless, sal wel teruggeplaas word in die katalogus.

Die Schuster-flieks wat in die slag bly, is You Must Be Joking, You Must Be Joking Too, Oh Schucks . . . It’s Schuster!, Sweet ’n Short, Schuks! Your Country Needs You en Pay Back the Money­.

Showmax sê nie in die verklaring watter ander flieks weens die hersieningsproses uit sy katalogus verwyder is nie.

“Ons erken dat die flieks ’n produk van hul tyd was en met positiewe voornemens vervaardig is.

“Showmax is ’n vermaakdiens en ons onderskryf nie die optrede en sienings in die flieks in ons aanbieding nie.

“Dit is nie ons plek om aan mense te sê wat is reg en wat is verkeerd of wat hulle aanstootlik behoort te vind nie. Ons sal wel besluite neem oor watter inhoud ons mee gemaklik is om aan te bied,” lui die verklaring.

“Ons glo dat ’n platform soos ons s’n ’n rol het om te speel om mense bymekaar te bring deur gedeelde ervarings. Ons wil nie wegskram van polariserende onderwerpe nie, maar ons wil ook nie verdeeldheid skep nie.

“Ons kry nie altyd die balans reg nie, maar ons sal ons bes doen om te luister en te leer uit ons foute.” – News24

Meer oor:  Leon Schuster  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.