Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Ekstasis’ een van internasionale fees se amptelike keuses

Die Suid-Afrikaanse kortprent Ekstasis is opgeneem in die amptelike keuse van vanjaar se Berlin Lift-Off-rolprentfees.

Kanya Viljoen is medeskepper van die prent ‘Ekstasis’.

Die prent van 35 minute handel oor twee jong vroue se soeke na identiteit en hul teer en intieme ontdekking van mekaar in ’n ontluikende verhouding.

Dit is op Velddrif en omgewing in die Wes-Kaap verfilm.

Die fees, wat aanlyn geskied, is deel van die Lift-Off-wêreldnetwerk, wat poog om nuwe verspreidingsmoontlikhede vir rolprente van onafhanklike, opkomende regisseurs te ondersoek en die kunstenaar te help om sy prent by gehore uit te bring. Dit is ook ’n eksperimentele platform vir onafhanklike stemme wat nog loopbane moet bou.

“Ons is baie opgewonde om op hierdie fees en ander feeste te wees, dit beteken meer mense sien ons prent, ons kom in aanmerking vir pryse en word ook na ander feeste genooi,” sê Kanya Viljoen, skrywer van die prent.

Volgens die webblad is vanjaar se program ’n mengsel van feesveterane en nuwe talent. Die rolprente kan op Vimeo OnDemand tot 28 Februarie gekyk word.

Ekstasis is geskep deur Viljoen en die regisseur Emilie Badenhorst. In ’n vroeër onderhoud met Netwerk24 het die rolprentmakers gesê hul prent is ’n poging tot die normalisering van queer verhoudings in die samelewing en hulle fokus met die prent op LGBTQI+-mense in Afrikaner-gemeenskappe en -families.

Die aktrises Mariana del Carmen en Inez Robertson vertolk die hoofrolle. Die klankkunstenaar Jannous Aukema het liedjies spesifiek vir die prent gekomponeer. Breyten Breytenbach se gedigte verskyn in die prent en het as inspirasie gedien vir baie van die musiek. Daar is ook musiek wat oorspronklik geskryf is deur Del Carmen en Aukema.

Viljoen en Badenhorst het onlangs hul eie maatskappy genaamd Unusual Bones gestig en wil so ’n kreatiewe platform skep vir stories wat nie dikwels vertel word nie. Stories wat poog om die menslike gees in Suid-Afrika te ondersoek.

Badenhorst is reeds bekend om haar musiekvideo’s van onder andere Roméo Elvis, Lolo Zouaï en Khalid, asook eksperimentele prente soos Unsex Me en die modeprent Bubblegum.

Viljoen is bekend as dramaturg en teaterskepper. Sy is tans in die kykNet-televisiereeks Afgrond te sien.

Ander spelers is Ilse-Lee van Niekerk, Grant Swanby en Andahr Cotton.

– Saamgestel deur Laetita Pople

  • Benewens die Berlin Lift Off-fees is Ekstasis as semifinalis aangewys op die Rhode Island- en die Amerikaanse Internasionale Rolprentfees. Dit het ook gewys op die Shnit-kortprentfees en die Internasionale Vrouerolprentfees in Toronto.
Meer oor:  Afgrond  |  Kyknet  |  Breyten Breytenbach  |  Andahr Cotton  |  Grant Swanby  |  Flieks  |  Fliek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.