Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Ellen Pakkies’ open fliekfees in Kampsbaai

Die Afrikaanse rolprent Die Stropers (The Harvesters), wat vroeër vanjaar deel van die Un Certain Regard-kategorie op die 71ste internasionale rolprentfees in Cannes was, sal later vandeesmaand op die agtste kykNET-Silwerskermfees in Kampsbaai in Kaapstad vertoon word.

Frank Opperman in ’n toneel uit Ds. Tienie Benade.

Die fees word op 22 Augustus met Die storie van Ellen Pakkies geopen en op 25 Augustus afgesluit met Quentin Krog se ’n Ander mens, waarin Bennie Fourie ’n hoofrol speel.

’n Toneel uit Christiaan Olwagen se rolprent Die Seemeeu.

Twee rolprente van Christiaan Olwagen word vertoon: Die Seemeeu geïnspireer deur die gelyknamige drama van Tsjechof asook sy jongste prent, die musiekdrama Kanarie. Ds. Tienie Benade, ’n verwerking van ’n eenmanstuk waarin Frank Opperman gespeel het, asook talle splinternuwe kortprente is te sien.

Fliekvlooie kan onder meer uitsien na ’n kortfliekweergawe van die Waterfront-aktrise Milan Murray se nuwe kinderboek, Kop in die wolke in Kromkieriefontein.

Die akteur Erik Holm, bekend vir sy rol in Binnelanders, debuteer vanjaar as rolprentregisseur, so ook die akteur Luan Jacobs, bekend vir sy rol in onder meer Ballade vir ’n enkeling.

Twee teaterregisseurs steek ook toon in die water met hul eerste kortflieks: Marí Borstlap met Die leeftyd van ’n orgidee en Jason Jacobs met Nama Swaan.

*Kaartjieverkope open op 13 Augustus. Dit kos R600 vir ’n weekkaartjie en R150 vir ’n dagkaartjie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.