Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Ellen Pakkies’ vaar goed by loket
Ellen Pakkies en Jill Levenberg (regs) wat Pakkies in die rolprent vertolk.

Die plaaslike rolprent Ellen, Die Ellen Pakkies-storie het in sy openingsnaweek bykans R1 miljoen in plaaslike fliekteaters verdien.

Die rolprent het R968 408 ingebring en 14 808 fliekgangers het dit tot dusver gesien.

Dié ware verhaal van Ellen Pakkies en haar dwelmverslaafde seun, Abie, was die naweek in die sesde plek by die plaaslike loket en het plaaslik goeie resensies ontvang.

Die rolprent het ook skoonskip gemaak op vanjaar se kykNET-Silwerskermfees en drie pryse gewen. Amy Jeptha is bekroon vir die beste draaiboek, Jarrid Geduld vir die beste akteur en Jill Levenberg, wat die rol van Pakkies vertolk, is as die beste aktrise aangewys.

Die veteraan-rolprentresensent Leon van Nierop het die fliek beskryf as ’n “lewensveranderende ervaring wat gesien moet word”.

Die rolprent is ook reeds op die internasionale rolprentfees in Rotterdam sowel as die internasionale rolprentfees in Seattle vertoon.

Ander akteurs wat rolle in die rolprent vertolk, is Clint Brink (Binnelanders), Ilse Klink (Stroomop, Isidingo), Elton Landrew (Suidooster, Sara se geheim) en Russel Savadier (The Wild, Isidingo).

Die rolprent vertel die verhaal van die stormagtige verhouding tussen ’n ma en haar dwelmverslaafde seun, en delf in die innerlike psige van ’n gesin wat deur dwelmmisbruik vernietig word.

* Ellen, Die Ellen Pakkies-storie is tans landwyd in rolprentteaters te sien.

Meer oor:  Openingsnaweek  |  Ellen Pakkies  |  Loket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.