Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Encounters tot Aug. of Sept. uitgestel

Die 22ste internasionale dokumentêre rolprentfees Encounters is uitgestel.

Verlede jaar se plakkaat van die internasionale dokumentêre rolprentfees Encounters.

Dié fees, waar die jongste en dikwels bekroonde dokkies van Afrika en die res van die wêreld gesien kan word, sou in Junie in Kaapstad en Johannesburg plaasvind. Dit is nou uitgestel tot Augustus of September weens die Covid-19-pandemie.

Volgens Mandisa Zitha, feesdirekteur, het die beheerraad en die organiseerders die besluit om die fees uit te stel so lank as moontlik uitgestel. “Dit is egter duidelik dat die fees nie in Junie aangebied kan word nie.”

Fliekvlooie wat uitgesien het na die jongste, eietydse dokkies van oor die wêreld heen, kan wel uitsien na ’n aanbod wat aanlyn beskikbaar sal wees. “Met internasionale feeste se reaksie op die pandemie en die innoverende aanlyn programme wat aangebied word, ondersoek ons nou moontlikhede om ook so iets vir ons kykers aan te bied.

“Ons is op soek na uitstekende prente vir ons teikengehore, wat gesprekke sal ontlok rondom die onderwerpe wat in die prente uitgelig word.”

Die Encounters-fees het ook slypskole, meesterklasse en besprekings aangebied, wat uitgestel word, en so ook die S.A.G.E./Encounters Rough Cut Lab. Die Lab bied ondersteuning en mentorskap aan drie dokumentêre projekte wat nog in die ontwikkelingsfase is. Die spertyd vir aansoeke hiervoor is tot 5 Junie verleng.

Encounters is een van die oudste feeste op die vasteland en ondersteun plaaslike prente en prente van Afrika. Dit dien ook as ’n platform vir die bekendstelling van die prente aan ’n internasionale mark.

Die finale program van die fees moet nog bevestig word. Verskeie dokkies wat reeds groot aanhang geniet, sal hul Afrika-première op die fees hê, en bekroonde internasionale prente sal ook ingesluit word.

Die volledige lys word op 30 Mei bekend gemaak.

Meer oor:  Dokumentêr  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.