Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Epiese ‘Schindler’s List’ keer na silwerdoek terug

Steven Spielberg se 1993 rolprent-meesterstuk, Schindler’s List, sal later vanjaar – 25 jaar nadat dit aanvanklik uitgereik is – na fliekteaters terugkeer.

HuffPost berig dié rolprent sal vanaf 7 Desember weer te sien wees.

Die plakkaat waarmee die heruitreiking van Schindler’s List bemark word. Foto: Twitter

Dit is gegrond op die verhaal van Oskar Schindler, ’n Duitse nyweraar wat die lewe van 1 100 Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog gered het deur vir hulle werk te verskaf in sy fabrieke.

Liam Neeson vertolk die rol van Schindler en Ralph Fiennes is te sien as ’n senior Nazi-offisier.

Die epiese rolprent is in swart en wit verfilm omdat Spielberg ’n dokumentêre gevoel wou skep.

Dit is benoem vir 12 Oscars en het uiteindelik sewe van dié goue beeldjies ontvang, onder meer in die afdelings vir beste rolprent en beste regisseur.

Om die kwarteeu sedert sy uitreiking te herdenk, sal die rolprent vooraf gratis aan hoërskoolleerders en onderwysers in die VSA vertoon word as deel van ’n opvoedkundige program.

Die heruitreiking van die fliek word bemark as ’n “storie van moed wat die wêreld nou nodiger het as ooit tevore”.

Meer oor:  Steven Spielberg  |  Vermaak  |  Schindler's List  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.