Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Filmit-kompetisie: 20 skole deur om kortprente te maak

Kameras by 20 skole oor Suid-Afrika en Namibië heen gaan binnekort begin rol nadat hulle tot die volgende ronde van die Filmit-rolprentkompetisie deurgedring het.

Die kompetisie, wat vanjaar vir die eerste keer deur die Paul Roos Gimnasium (PRG) in Stellenbosch aangebied word, beoog om jong, skoolgaande rolprentmakers te inspireer om hul rolprentdrome vlerke te gee en hul eie kortprent te vervaardig.

Filmit is deur Luize Kroukamp, Paul Roos se hoof van kultuur, en Jan-Hendrik Opperman, hul hoof van kreatiewe kunste en drama, bedink.

Nadat 35 skole in Suid-Afrika en Namibië 70 rolprentkonsepte vir die kompetisie ingeskryf het, het Bradley Joshua (van Gambit Films), Moenier Hendricks (Homebrew Films) en die akteurs Marcel Spaumer en Richard September (albei van die sepie Suidooster) 20 konsepte gekies wat vermaaklik en uitvoerbaar is, maar ook belangstelling wek en beloof om ’n goeie eindproduk op te lewer.

Dié 20 konsepte en die hoërskole wat hulle ingedien het, is:

  • A Magician Never Reveals Its Secrets deur Curro Durbanville;
  • Behind the Surfboard deur CBC St John’s (in Kaapstad);
  • Cascade deur Rondebosch Boys’ High School;
  • Conflict: A Journey to Passion deur Worcester Gimnasium;
  • Duwweltjie deur Paul Roos Gimnasium;
  • Gedagtes maak saak deur die Hoërskool Kalahari (in Kuruman);
  • Interpreter Gone Wrong deur die Simon’s Town School;
  • Search deur die Fairmont High School (in Durbanville);
  • The Art of Colour deur die St. George’s Diocesan School (in Windhoek, Namibië);
  • The Gingerbread Man deur die Afrikaanse Hoër Meisieskool (in Pretoria);
  • The Key deur die Hoër Jongenskool Paarl;
  • Theatre Kid deur die Hoër Meisieskool Bloemhof (in Stellenbosch);
  • Three Shades of Agony deur die Hoërskool Jan van Riebeeck (in Kaapstad);
  • Too Bright to Shine deur Mitchells Plain High School;
  • Toue en kloue deur Parkdene High School (in George);
  • Trigger on the Beach deur die Hoërskool Charlie Hofmeyr (in Ceres);
  • U Yolo #happiness deur Desmond Mpilo Tutu High School (in die Paarl);
  • What Do You Stand For? deur die Hoërskool Table View (in Kaapstad);
  • What Drove Her to Madness deur Groote Schuur High School (in Kaapstad); en
  • Zombie Blowout deur die Hoërskool Waterkloof (in Pretoria).

Luidens ’n mediaverklaring sal al die skole wat ingeskryf het – dié wie se konsep gekies is én dié wat nie die paal gehaal het nie – toegang tot ’n mentorskapvideo kry, waarin rolprentlui vir die jong rolprentmakers raad oor die vervaardiging én die voor- en naproduksie van hul rolprente gee.

Dié rolprentlui sluit Braam du Toit (komponis), Eva du Preez (redigeerder), die kinematograwe Fahema Hendricks en Johannes Pieter Nel, Lloyd O’Conner (klankingenieur), Louis Pretorius (draaiboekskrywer), Michael Botha (naproduksie: klank), Neil Sandilands (akteur) en Zandré Coetzer (Nagvlug Films) in.

Daarna sal vyf akteurs in Suidooster – Dean Smith, Eden Classens, Esther von Waltsleben, Jawaahier Petersen en Marco Spaumer – die 20 gekose hoërskole een tot een mentor. Dié mentorskap begin op 27 Julie op Zoom en duur tot 6 Augustus.

“PRG Filmit sien daarna uit om te sien hoe die leerlinge groei, hoe hul rolprentvaardighede ontwikkel en hoedat hulle ’n bydrae tot die omvangryke verskeidenheid van stories maak wat hul oorsprong in Suider-Afrika het,” lui die verklaring.

’n Kontantprys en opvoedkundige prys is eindelik op die spel.

Stuur ’n e-pos na media@paulroos.co.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.