Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Fliek en teater vat hier hande
Stephanie Gericke in Nat. Foto: Henque Heymans

’n Ruimte waar rolprent en teater mekaar ontmoet, is hoe die akteur Ben Pienaar DEURnis beskryf.

Dié een-tot-een-teater-projek is tans in Pretoria in volle gang, waar vier solostukke van ongeveer 20 minute elk tot 11 November in ’n woonhuis in Capital Park opgevoer word.

Dit word deur Theatrerocket Productions aangebied.

Pienaar tree in Koud op.

“Jy moet in totale verbinding met die gehoorlid wees. Dit moet realisties wees en hulle verstom, maar bowenal moet
dit real wees.”

Vir Pienaar geld die beginsels van ander teaterplatforms steeds in die sin dat die spelers steeds moet uitbeeld, steeds moet vasvang.

“Jy is gewoond om op ’n verhoog ver verwyderd te speel en so ook gehore wat in die donker sit en kyk. Hier is ons bymekaar. In your face.”

Jannes Erasmus, wat in Swem optree en wat ook dié teks geskryf het, verwys ook na die gehoor wat normaalweg uit ’n klomp mense bestaan wat netjies ver weg sit.

Barend Mynhardt in Bloos. Foto: Henque Heymans

Met DEURnis het hy al gevalle gehad waar die gehoorlid reageer op wat hy sê.

“Ek voel nie ongemaklik nie. Ek dink die veiligheidsnet wat ek het, is dat ek self hierdie teks geskryf het en beheer daaroor het. Daar was al mense wat my karakter wou keer om iets spesifieks te doen, een vrou het my hand in ’n stadium begin vashou – tot die einde toe.”

En wanneer die deur van die vertrek oopgaan, weet die speler ook nie wie daardeur gaan stap nie.

“Dit maak dit nogal vir my magies en terselfdertyd baie rou,” sê Stephanie Gericke wat in Nat optree. “Daardie oomblik is die energie baie opwindend. Elke nuwe gehoorlid hou dit vir my nuut en vars. Daar is ’n intimiteit. Dit leer jou iets van teater.”

Gehoorlede het ook al gereageer. “Dit hou my as aktrise wakker. En moet dan ook spontaan kan reageer. Ek moet so iets kan hanteer. Ek moet ’n rustigheid en kalmte hê en beheer kan neem.”

Barend Mynhardt, wat in Bloos optree, verduidelik as hy sien die gehoorlid is effe ongemaklik, speel hy verder weg.

“Die uitdaging bly om met jou gas te konnekteer. Jy staan nie ver weg op ’n verhoog waar jy artikuleer of projekteer nie. So jy moet jouself in hierdie tweegesprek oortuig jy ís daardie karakter in die vertrek. Ons kry ’n lys met die name van wie ons vertonings kom kyk en dikwels ken jy nie die name nie, so wie by die deur inkom, is net so onverwags.”

Rudi Sadler, mede-eienaar van Rockettheatre Productions, sê wins is nie die hoofdoel nie.

Kaartjies kos R150.

“Dit is daar om aan die akteurs, regisseurs en skrywers iets te kan gee vir hul wonderlike insette en harde werk. Daar is ook koste soos kerse, koffie en tee, kos vir die akteurs, ensovoorts.”

Meer oor:  Verhoogstuk  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.